Spreuke
20 Wyn maak mense belaglik;+ alkohol maak hulle lawaaierig,+
en elkeen wat as gevolg daarvan van die regte pad afdwaal, is nie wys nie.+
2 ’n Koning veroorsaak net soveel vrees soos ’n leeu* wat brul.+
Die een wat hom kwaad maak, waag sy lewe.+
4 Die luiaard ploeg nie in die winter nie.
Daarom sal hy in die oestyd bedel, wanneer hy niks het nie.*+
5 Die gedagtes* van ’n man se hart is soos diep waters,
maar die man wat insig het, sal dit na die oppervlak bring.
6 Baie mense sê dat hulle lojale liefde het,
maar wie kan ’n getroue man vind?
7 Die regverdige volg ’n weg van integriteit.*+
Gelukkig is sy kinders wat ná hom kom.+
8 Wanneer ’n koning op die troon sit om te oordeel,+
stel hy ondersoek in en raak hy ontslae van alle goddeloosheid.*+
9 Wie kan sê: “Ek het my hart gereinig.+
Ek het geen sonde nie”?+
10 Valse gewigte en valse maathouers*
– albei is vir Jehovah afskuwelik.+
13 Moenie slaap liefhê nie, want dan sal jy arm word.+
Maak jou oë oop, dan sal jy genoeg kos hê.+
14 “Dit is sleg, dit is sleg!” sê die koper.
Dan gaan hy weg en spog oor wat hy gekoop het.+
16 Neem ’n man se kleed as hy vir ’n vreemdeling borg gestaan het,+
en as hy dit vir ’n onsedelike vrou* gedoen het, moet jy van sy besittings as sekuriteit neem.+
19 ’n Lasteraar praat oor vertroulike dinge.+
Moenie assosieer met iemand wat daarvan hou om te skinder nie.
22 Moenie sê: “Ek sal jou terugbetaal vir wat jy aan my gedoen het!” nie.+
Hoop op Jehovah,+ en hy sal jou red.+
24 ’n Mens se voetstappe word deur Jehovah gerig.+
Hoe kan ’n mens self weet waarheen hy moet gaan?*
25 Dit is vir ’n mens ’n strik om oorhaastig te belowe om iets aan God te gee+
en eers later te dink aan wat hy belowe het.+
27 Die asem van die mens is die lamp van Jehovah.
Dit openbaar wat diep binne hom is.
28 Lojale liefde en getrouheid beskerm ’n koning.+
Deur lojale liefde staan sy troon vas.+