Die tweede brief aan die Korintiërs
1 Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur God se wil, en van ons broer Timoʹteus.+ Aan die gemeente van God wat in Korinte is, insluitende al die heiliges wat in die hele Agaʹje+ is:
2 Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.
3 Mag die God en Vader van ons Here Jesus Christus,+ die Vader van groot genade+ en die God van alle vertroosting, geloof word.+ 4 Hy vertroos ons* wanneer ons deur moeilike tye gaan,+ sodat ons ander in alle soorte moeilike tye kan vertroos+ met die vertroosting wat ons van God ontvang.+ 5 Ons ly baie omdat ons volgelinge van die Christus is,+ maar ons ontvang ook baie vertroosting deur middel van die Christus. 6 As ons deur moeilike tye gaan, is dit sodat julle vertroos en gered kan word. En as ons vertroos word, is dit sodat julle vertroosting kan ontvang, en dit help julle om te volhard wanneer julle ly net soos ons ook ly. 7 Ons het ’n vaste hoop in julle omdat ons weet dat julle saam met ons vertroos sal word, net soos julle saam met ons ly.+
8 Broers, ons wil hê dat julle moet weet van die moeilike tye wat ons in die provinsie Asië+ deurgemaak het. Ons was onder verskriklike druk wat ons nie met ons eie krag sou kon verduur nie, en ons het selfs gedink dat ons gaan sterf.+ 9 Om die waarheid te sê, dit het vir ons gevoel asof ons die doodsvonnis ontvang het. Dit het gebeur sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op die God+ wat die dooies opwek. 10 Uit ’n gevaar so groot soos die dood het hy ons gered en sal hy ons red, en ons vertrou ook dat hy sal aanhou om ons te red.+ 11 Julle kan ons ook help deur smeekgebede vir ons te doen,+ want as baie mense vir ons bid, sal daardie gebede beantwoord word, en dan sal baie mense dankgebede doen vir die hulp wat ons ontvang het.+
12 Want ons is trots op ons skoon gewete omdat ons ons in die wêreld en veral teenoor julle met heiligheid en goddelike opregtheid gedra het. Ons het ons nie met menslike* wysheid gedra nie,+ maar met God se onverdiende goedheid. 13 Want ons skryf in werklikheid aan julle oor niks anders as oor die dinge wat julle kan lees* en verstaan nie, en ek hoop dat julle sal aanhou om hierdie dinge ten volle* te verstaan, 14 soos julle ook in sekere mate verstaan het dat ons vir julle ’n rede is om trots te wees, net soos julle ook vir ons in die dag van ons Here Jesus sal wees.
15 Met hierdie vertroue was ek van plan om eers na julle toe te kom, sodat julle ’n tweede keer bly kon wees.* 16 Want ek was van plan om julle op pad na Masedoʹnië te besoek en om van Masedoʹnië af weer na julle toe te kom sodat julle ’n ent saam met my na Judeʹa kon gaan.+ 17 Wel, toe ek hierdie plan gehad het, het ek die saak nie ligtelik opgeneem nie, of hoe? Of het ek vleeslike denke oor dinge, wat veroorsaak dat ek “ja, ja” sê en daarna “nee, nee”? 18 Maar net soos God betroubaar is, is ons woorde betroubaar – wat ons vir julle sê, is nie “ja” en tog “nee” nie. 19 Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur middel van ons onder julle verkondig is, dit wil sê deur middel van my en Silvaʹnus* en Timoʹteus,+ het nie “ja” en tog “nee” geword nie, maar “ja” het in sy geval “ja” geword. 20 Ongeag hoeveel beloftes van God daar is, hulle het “ja” geword deur middel van hom.+ Daarom sê ons ook vir God “Amen” deur middel van hom,+ en God word daardeur verheerlik. 21 Maar dit is God wat waarborg dat ons en julle aan Christus behoort, en dit is God wat ons gesalf het.+ 22 Hy het ook sy seël op ons gedruk+ en die gees in ons harte gesit as ’n waarborg* van wat gaan kom.+
23 Ek het nog nie na Korinte gekom nie omdat ek julle wou spaar, en ek roep God as ’n getuie hiervan. 24 Nie dat ons die meesters oor julle geloof is nie,+ maar ons is medewerkers vir julle vreugde, want julle staan vas deur julle geloof.