Spreuke
5 Elkeen wat trots is,* is vir Jehovah afskuwelik.+
Wees verseker dat hy nie ongestraf sal bly nie.
6 Deur lojale liefde en getrouheid is vergifnis van sonde moontlik,+
en vrees vir Jehovah laat ’n mens slegte dinge vermy.+
8 Dit is beter om min te hê en regverdig te wees+
as om ’n groot inkomste te hê en oneerlik te wees.+
10 God se besluite moet op die lippe van ’n koning wees.+
Hy moet altyd met geregtigheid optree.+
13 Woorde van regverdigheid is vir konings aangenaam.
Hulle is lief vir mense wat die waarheid praat.+
15 ’n Koning se goedkeuring beteken lewe.
Sy goedkeuring is soos ’n reënwolk in die lente.+
16 Dit is baie beter om wysheid te verkry as goud!+
En om verstandigheid te verkry, is beter as silwer.+
17 Die grootpad van dié wat reg lewe, lei hulle weg van wat sleg is.
Die een wat seker maak dat hy op die regte pad bly, bewaar sy lewe.+
19 Dit is beter om nederig te wees saam met nederige mense+
as om te deel in die rykdom* van hoogmoedige mense.
20 Die een wat met insig optree, sal suksesvol wees,
en gelukkig is die een wat op Jehovah vertrou.
21 Die persoon met ’n wyse hart, sal verstandig genoem word,+
en die een wat vriendelik praat,* het die vermoë om ander te oorreed.+
22 Insig is ’n fontein van die lewe vir dié wat dit besit,
maar dwase word gestraf deur hulle eie dwaasheid.
27 ’n Slegte man grawe slegte dinge op.+
Sy woorde is soos ’n vernietigende vuur.+
29 ’n Gewelddadige man mislei ander
en laat hulle die verkeerde pad volg.
30 Hy knip sy oog terwyl hy slegte dinge beplan.
Hy pers sy lippe saam terwyl hy slegte dinge doen.