Van Dawid.
103 Ek sal Jehovah loof.
Met alles wat binne-in my is, sal ek sy heilige naam loof.
2 Ek sal Jehovah loof.
Mag ek nooit vergeet van alles wat hy gedoen het nie.+
3 Hy vergewe al jou oortredings+
en genees al jou kwale.+
4 Hy eis jou lewe terug uit die graf+
en kroon jou met sy lojale liefde en genade.+
5 Hy versadig jou met goeie dinge+ jou hele lewe lank.
Jou jeug word hernu soos dié van ’n arend.+
6 Jehovah tree met regverdigheid en geregtigheid op+
vir almal wat onderdruk word.+
7 Hy het sy weë aan Moses bekend gemaak,+
sy dade aan die kinders van Israel.+
8 Jehovah is genadig en betoon medelye.+
Hy word nie gou kwaad nie en is vol lojale liefde.+
9 Hy sal nie vir altyd foutvind+
of vir ewig ’n wrok koester nie.+
10 Hy het ons nie volgens ons sondes gestraf+
of ons volgens ons oortredings terugbetaal nie.+
11 Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so groot is sy lojale liefde vir dié wat hom vrees.+
12 So ver as wat die sonsopkoms van die sonsondergang is,
so ver het hy ons oortredings van ons verwyder.+
13 Soos ’n vader genade aan sy kinders betoon,
betoon Jehovah genade aan dié wat hom vrees.+
14 Want hy weet goed hoe ons gevorm is,+
en hy hou in gedagte dat ons stof is.+
15 Wat die sterflike mens betref, sy dae is soos dié van gras.+
Hy is soos ’n bloeisel van die veld.+
16 Maar wanneer die wind waai, is dit weg,
asof dit nooit daar was nie.
17 Maar Jehovah se lojale liefde is tot in alle ewigheid
vir dié wat hom vrees.+
Sy regverdigheid is vir hulle kinders se kinders,+
18 vir dié wat sy verbond hou+
en dié wat sy bevele streng gehoorsaam.
19 Jehovah het sy troon stewig gevestig in die hemel,+
en hy regeer as Koning oor alles.+
20 Loof Jehovah, al sy engele,+ sterk in krag,
wat sy woord uitvoer+ en sy stem gehoorsaam.
21 Loof Jehovah, al sy leërmagte,+
sy dienaars wat sy wil doen.+
22 Loof Jehovah, al sy werke,
oral waar hy regeer.
Met my hele wese sal ek Jehovah loof.