Psalms
’n Gebed van die onderdrukte wanneer hy alle moed verloor het* en sy besorgdheid voor Jehovah uitstort.+
102 O Jehovah, hoor my gebed.+
Laat my geroep om hulp u bereik.+
2 Moenie u gesig van my af wegdraai wanneer ek deur moeilike tye gaan nie.+
Skenk aandag aan* my.
Antwoord my tog gou wanneer ek roep.+
6 Ek lyk soos die pelikaan van die wildernis.
Ek is soos ’n steenuil in verwoeste plekke.
Ek is soos ’n eensame voël op ’n dak.+
8 Die hele dag lank tart my vyande my uit.+
Dié wat my spot,* gebruik my naam as ’n vloekwoord.
9 Want ek eet as in die plek van brood,+
en wat ek drink, is gemeng met trane+
10 as gevolg van u groot woede,
want u het my opgelig, net om my weg te gooi.
13 U sal beslis opstaan en genadig wees teenoor Sion,+
want die tyd het aangebreek om u genade aan haar te betoon.+
Die vasgestelde tyd het gekom.+
16 Want Jehovah sal Sion herbou.+
Hy sal in sy heerlikheid verskyn.+
17 Hy sal aandag skenk aan die gebed van dié wat hulpeloos is.+
Hy sal hulle gebed nie verwerp nie.+
18 Dit word vir die toekomstige geslag neergeskryf,+
sodat ’n volk wat nog voortgebring* moet word, Jah sal loof.
19 Want hy kyk af uit sy heilige hoogte.+
Uit die hemel kyk Jehovah na die aarde
20 om te hoor wanneer die gevangene sug,+
om dié wat tot die dood veroordeel is, te bevry,+
21 sodat die naam van Jehovah in Sion bekend gemaak kan word,+
en sy lof in Jerusalem,
22 wanneer die volke en die koninkryke
bymekaarkom om Jehovah te dien.+
23 Hy het my krag te vroeg van my af weggeneem.
Hy het my dae verkort.
24 Ek het gesê: “O my God,
moet my nie in die middel van my lewe wegvee nie,
u wie se jare deur alle geslagte strek.+
26 Hulle sal ophou bestaan, maar u sal bly bestaan.
Net soos ’n kledingstuk sal hulle almal oud word.
Net soos klere sal u hulle vervang, en hulle sal nie meer daar wees nie.