118 DANK Jehovah, want hy is goed;+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+
2 Laat Israel nou sê:
“Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.”+
3 Laat die huis van Aäron nou sê:+
“Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.”+
4 Laat dié wat Jehovah vrees, nou sê:+
“Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.”+
5 Uit die angswekkende omstandighede het ek Jah aangeroep;+
Jah het geantwoord en my in ’n ruim plek gestel.+
6 Jehovah is aan my kant; ek sal nie vrees nie.+
Wat kan die mens aan my doen?+
7 Jehovah is aan my kant onder dié wat my help,+
Sodat ek sal neersien op my haters.+
8 Dit is beter om jou toevlug tot Jehovah te neem+
As om op die mens te vertrou.+
9 Dit is beter om jou toevlug tot Jehovah te neem+
As om op edeles te vertrou.+
10 Al die nasies het my omsingel.+
In die naam van Jehovah het ek hulle bly afweer.+
11 Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel.+
In die naam van Jehovah het ek hulle bly afweer.
12 Hulle het my omsingel soos bye;+
Hulle is soos ’n doringbosvuur uitgeblus.+
In die naam van Jehovah het ek hulle bly afweer.+
13 Jy het my hard gestamp, sodat ek moes val,+
Maar Jehovah het my gehelp.+
14 Jah is my beskutting en my mag,+
En vir my word hy redding.+
15 Die stem van vreugdegeroep en redding+
Is in die tente+ van die regverdiges.+
Die regterhand van Jehovah openbaar lewenskragtigheid.+
16 Die regterhand van Jehovah verhef homself;+
Die regterhand van Jehovah openbaar lewenskragtigheid.+
17 Ek sal nie sterf nie, maar ek sal bly lewe,+
Sodat ek die werke van Jah bekend kan maak.+
18 Jah het my streng tereggewys,+
Maar hy het my nie aan die dood oorgegee nie.+
19 MAAK die poorte van regverdigheid vir my oop.+
Ek sal daardeur ingaan; ek sal Jah prys.+
20 Dit is die poort van Jehovah.+
Die regverdiges sal daardeur ingaan.+
21 Ek sal u prys, want u het my geantwoord+
En u het my redding geword.+
22 Die steen wat die bouers verwerp het,+
Het die hoof van die hoek geword.+
23 Jehovah het dit teweeggebring;+
Dit is wonderbaar in ons oë.+
24 Dit is die dag wat Jehovah gemaak het;+
Ons sal daarop bly wees en ons verbly.+
25 Ag, Jehovah, red tog asseblief!+
Ag, Jehovah, skenk tog asseblief sukses!+
26 Geseënd is Hy wat in die naam van Jehovah kom;+
Ons het julle uit die huis van Jehovah geseën.+
27 Jehovah is God,+
En hy gee ons lig.+
BIND die feesoptog+ met takke,+
Tot by die horings van die altaar.+
28 U is my God, en ek sal u prys;+
My God—ek sal u verhef.+
29 DANK Jehovah, want hy is goed;+
Want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd.+