147 LOOF Jah,+
Want dit is goed om ons God met melodieë te besing;+
Want dit is lieflik—lof is gepas.+
2 Jehovah bou Jerusalem;+
Die verstrooides van Israel bring hy bymekaar.+
3 Hy genees+ die gebrokenes van hart+
En verbind hulle pynlike plekke.+
4 Hy bepaal die getal van die sterre;+
Hy noem hulle almal by hulle name.+
5 Ons Here is groot en oorvloedig in krag;+
Sy verstand is onbeskryflik.+
6 Jehovah ondersteun die sagmoediges;+
Hy verneder die goddeloses tot die grond toe.+
7 SING tot Jehovah met danksegging;+
Besing ons God met melodieë op die harp,+
8 Die Een wat die hemel met wolke bedek,+
Die Een wat reën vir die aarde berei,+
Die Een wat op die berge groen gras laat uitspruit.+
9 Aan die diere gee hy hulle voedsel,+
Aan die jong rawe wat bly roep.+
10 In die krag van die perd skep hy geen behae nie,+
Ook is die bene van die man nie vir hom welgevallig nie.+
11 Jehovah het behae in dié wat hom vrees,+
In dié wat op sy liefderyke goedhartigheid wag.+
12 Prys Jehovah,+ o Jerusalem.
Loof jou God, o Sion.+
13 Want hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak;
Hy het jou kinders in jou geseën.+
14 Hy stel vrede in jou gebied;+
Met die vet van die koring bly hy jou versadig.+
15 Hy stuur sy bevel na die aarde;+
Met spoed beweeg sy woord voort.
16 Hy gee sneeu soos wol;+
Ryp strooi hy net soos as.+
17 Hy gooi sy ys soos stukkies uit.+
Wie kan voor sy koue standhou?+
18 Hy stuur sy woord uit+ en laat hulle smelt.
Hy laat sy wind waai;+
Die waters drup.
19 Hy maak sy woord aan Jakob bekend,+
Sy voorskrifte+ en sy regterlike beslissings aan Israel.+
20 So het hy aan geen ander nasie gedoen nie;+
En wat sy regterlike beslissings betref, hulle het dit nie geken nie.+
LOOF Jah!+