Psalms
Van Dawid.
35 Verdedig tog my regsaak, o Jehovah, teen my teenstanders;+
Voer oorlog teen dié wat teen my oorlog voer.+
2 Gryp die klein skild en die groot skild,+
En staan tog op om my te help,+
3 En trek die spies en die dubbele byl uit om dié wat my agtervolg, tegemoet te gaan.+
Sê vir my siel: “Ek is jou redding.”+
4 Laat dié wat my siel soek, beskaamd staan en verneder word.+
Laat dié wat rampspoed teen my beraam, agteruitwyk en verleë wees.+
7 Want sonder oorsaak het hulle hulle vangnetkuil vir my verberg;+
Sonder oorsaak het hulle dit vir my siel gegrawe.+
8 Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet,+
En laat sy eie net wat hy verberg het, hom vang;+
Laat hom daarin val met verwoesting.+
“O Jehovah, wie is soos u,+
Wat die geteisterde verlos van iemand wat sterker is as hy,+
En die geteisterde en arme van die een wat hom beroof?”+
13 Wat my betref, toe hulle siek geword het, was my klere saklinne,+
Met gevas het ek my siel gekasty,+
En na my boesem het my gebed teruggekeer.+
14 Soos vir ’n metgesel, soos vir ’n broer van my,+
Het ek rondgeloop soos iemand wat oor ’n moeder treur.+
Bedroef het ek my neergebuig.
15 Maar oor my mankheid was hulle bly en het hulle bymekaargekom;+
Hulle het teen my bymekaargekom+
En my neergeslaan sonder dat ek dit geweet het;+
Hulle het my verskeur en nie stilgebly nie.+
17 O Jehovah, hoe lank sal u dit bly aansien?+
Bring tog my siel terug van hulle verwoestinge,+
Ja, my enigste+ van die jong maanhaarleeus af.
19 Laat dié wat sonder rede my vyande is, tog nie oor my bly wees nie;+
Wat dié betref wat my sonder oorsaak haat, laat hulle nie die oog knip nie.+
20 Want hulle spreek nie woorde van vrede nie;+
Maar teen die stilles van die aarde
Bly hulle bedrieglike dinge beraam.+
25 Laat hulle tog nie in hulle hart sê: “Ha, ons siel!” nie.+
Laat hulle nie sê: “Ons het hom verswelg” nie.+
26 Laat dié wat bly is oor my rampspoed,+
Tesame beskaamd staan en verleë wees.+
Laat dié wat hulle baie groot hou teen my,+ met skaamte en vernedering beklee word.+