Van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abimeʹleg,+ sodat dié hom verdryf het en hy weggegaan het.
א [ʼAʹlef]
34 Ek sal Jehovah te alle tye loof;+
Sy lof sal voortdurend in my mond wees.+
ב [Bet]
2 In Jehovah sal my siel roem;+
Die sagmoediges sal hoor en sal bly wees.+
ג [Giʹmel]
3 O MAAK Jehovah saam met my groot,+
En laat ons sy naam saam verhef.+
ד [Daʹlet]
4 Ek het Jehovah geraadpleeg, en hy het my geantwoord,+
En uit al my verskrikkinge het hy my verlos.+
ה [Heʼ]
5 Hulle het na hom opgesien en begin straal,+
En hulle aangesig kon onmoontlik beskaamd word.+
ז [Saʹjin]
6 Hierdie geteisterde het geroep, en Jehovah het gehoor.+
En uit al sy benoudhede het Hy hom gered.+
ח [Get]
7 Die engel van Jehovah slaan kamp op rondom dié wat hom vrees,+
En hy red hulle.+
ט [Tet]
8 SMAAK en sien dat Jehovah goed is;+
Gelukkig is die man wat sy toevlug tot hom neem.+
י [Jod]
9 Vrees Jehovah, o sy heiliges,+
Want dié wat hom vrees, het geen gebrek nie.+
כ [Kaf]
10 Die jong maanhaarleeus het min gehad en honger gely;+
Maar wat dié betref wat Jehovah soek, dit sal hulle aan niks goeds ontbreek nie.+
ל [Laʹmed]
11 Kom, o seuns, luister na my;+
Die vrees van Jehovah sal ek julle leer.+
מ [Mem]
12 Wie is die man wat behae skep in die lewe,+
Wat genoeg dae liefhet om die goeie te sien?+
נ [Noen]
13 Bewaar jou tong van wat sleg is,+
En jou lippe daarvan om bedrog te spreek.+
ס [Saʹmek]
14 Wyk af van wat sleg is en doen wat goed is;+
Soek vrede en streef dit na.+
ע [ʽAʹjin]
15 Die oë van Jehovah is op die regverdiges,+
En sy ore is tot hulle hulpgeroep.+
פ [Peʼ]
16 Die aangesig van Jehovah is teen dié wat doen wat sleg is,+
Om die vermelding van hulle van die aarde af te sny.+
צ [Sadeʹ]
17 Hulle het geroep, en Jehovah het gehoor,+
En uit al hulle benoudhede het hy hulle verlos.+
ק [Kof]
18 Jehovah is naby die gebrokenes van hart;+
En die verbryseldes van gees red hy.+
ר [Resj]
19 Baie is die rampspoede van die regverdige,+
Maar uit hulle almal verlos Jehovah hom.+
ש [Sjin]
20 Hy bewaar al sy bene;
Nie een daarvan is gebreek nie.+
ת [Tau]
21 Rampspoed sal die goddelose doodmaak;+
En dié wat die regverdige haat, sal skuldig geag word.+
22 Jehovah verlos die siel van sy knegte;+
En nie een van dié wat hulle toevlug tot hom neem, sal skuldig geag word nie.+