Psalms
Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. Toe die profeet Natan na hom toe gekom het nadat hy gemeenskap met Batʹseba gehad het.+
51 Betoon guns aan my, o God, ooreenkomstig u liefderyke goedhartigheid.+
Wis my oortredings uit ooreenkomstig die oorvloed van u barmhartighede.+
4 Teen u, u alleen, het ek gesondig,+
En wat sleg is in u oë, het ek gedoen,+
Sodat u regverdig kan wees wanneer u spreek,+
Sodat u rein kan wees wanneer u oordeel.+
5 Kyk! In ongeregtigheid is ek met geboortepyne voortgebring,+
En in sonde het my moeder my ontvang.+
6 Kyk! U het behae geskep in waaragtigheid in die binneste;+
En mag u my in my verborge innerlike wysheid laat ken.+
7 Mag u my met hisop van sonde reinig, sodat ek rein kan wees;+
Mag u my was, sodat ek selfs witter as sneeu kan word.+
12 Gee my tog weer die vreugde van redding deur u,+
En mag u my ook met ’n gewillige gees ondersteun.+
14 Verlos my van bloedskuld,+ o God, die God van my redding,+
Sodat my tong met vreugde van u regverdigheid kan vertel.+
16 Want u skep geen behae in offerande nie—anders sou ek dit gee;+
Heelbrandoffers is nie vir u welgevallig nie.+