Psalms
’n Melodie.
98 SING tot Jehovah ’n nuwe lied,+
Want wonderbaar is die dinge wat hy gedoen het.+
Sy regterhand, ja, sy heilige arm, het vir hom redding verkry.+
2 Jehovah het sy redding bekend gemaak;+
Voor die oë van die nasies het hy sy regverdigheid geopenbaar.+
3 Hy het gedink aan sy liefderyke goedhartigheid en sy getrouheid aan die huis van Israel.+
Al die eindes van die aarde het die redding deur ons God gesien.+
4 Roep Jehovah triomfantlik toe, alle bewoners van die aarde.+
Wees vrolik en roep met vreugde uit en sing melodieë.+