Spreuke
12 Wie dissipline liefhet, het kennis lief,+ maar wie teregwysing haat, is redeloos.+
2 Iemand wat goed is, verkry Jehovah se goedkeuring,+ maar die man met goddelose idees verklaar hy goddeloos.+
3 Geen mens sal deur goddeloosheid stewig bevestig word nie;+ maar wat die wortel van die regverdiges betref, niks sal dit laat wankel nie.+
4 ’n Bekwame vrou is ’n kroon vir haar eienaar,+ maar soos verrotting in sy gebeente is sy wat skandelik optree.+
5 Die gedagtes van die regverdiges is geregtigheid;+ die leiding van die goddeloses is bedrog.+
6 Die woorde van die goddeloses is om te loer op bloed,+ maar die mond van die regskapenes sal hulle verlos.+
7 Die goddeloses word tot ’n val gebring en hulle is daar nie meer nie,+ maar die huis van die regverdiges sal bly staan.+
8 Vir sy oordeelkundige mond sal ’n man geprys word,+ maar wie verdraaid van hart is, sal verag word.+
9 Wie geringgeag word maar ’n kneg het, is beter as die een wat homself verheerlik maar gebrek aan brood het.+
10 Die regverdige sorg vir die siel van sy mak dier,+ maar die barmhartighede van die goddeloses is wreed.+
11 Wie sy grond bewerk, sal met brood versadig word,+ maar wie waardelose dinge najaag, het nie ’n verstandige hart nie.+
12 Die goddelose het die slegte mense se prooi begeer wat in ’n net gevang is,+ maar wat die wortel van die regverdiges betref, dit lewer vrug op.+
13 Deur die oortreding van die lippe word die slegte mens verstrik,+ maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.+
14 Van die vrug van sy mond word ’n man met die goeie versadig,+ en die dade van ’n mens se hande sal na hom toe terugkom.+
15 Die weg van die dwaas is reg in sy eie oë,+ maar wie na raad luister, is wys.+
16 ’n Dwaas maak sy ergernis op dieselfde dag bekend,+ maar die skerpsinnige bedek ’n skande.+
17 Hy wat getroue woorde spreek, sal vertel wat regverdig is,+ maar ’n valse getuie, bedrog.+
18 Daar is een wat onnadenkend praat soos met swaardsteke,+ maar die tong van die wyses is genesing.+
19 Die lip van waarheid+ sal vir ewig stewig bevestig word,+ maar die leuenagtige tong sal slegs ’n oomblik duur.+
20 Bedrog is in die hart van dié wat onheil beraam,+ maar dié wat vrede aanraai, het blydskap.+
21 Niks skadeliks sal die regverdige oorkom nie,+ maar die goddeloses sal beslis vol rampspoed wees.+
22 Valse lippe is vir Jehovah iets verfoeiliks,+ maar in dié wat getrou handel, het hy behae.+
23 ’n Skerpsinnige mens bedek kennis,+ maar die hart van die sotte roep dwaasheid uit.+
24 Die hand van die vlytiges sal heers,+ maar die trae hand sal tot dwangarbeid lei.+
25 Angstige besorgdheid in die hart van ’n man sal dit laat neerbuig,+ maar die goeie woord maak dit bly.+
26 Die regverdige verken sy eie weiding, maar die weg van die goddeloses laat hulle ronddwaal.+
27 Traagheid sal iemand se wild nie opjaag nie,+ maar die vlytige is kosbare rykdom vir ’n mens.
28 Op die weg van regverdigheid is lewe,+ en die reis op die pad daarvan beteken: geen dood.+