Handelinge
5 Maar ’n sekere man met die naam Ananiʹas het, saam met sy vrou Saffiʹra, ’n eiendom verkoop 2 en in die geheim van die prys agtergehou, terwyl sy vrou ook daarvan geweet het, en hy het net ’n deel gebring en dit by die voete van die apostels neergelê.+ 3 Maar Petrus het gesê: “Ananiʹas, waarom het jy jou deur Satan+ laat oorhaal om oneerlik op te tree+ teenoor die heilige gees+ en om in die geheim van die prys van die grond agter te hou? 4 Het dit nie joune gebly solank dit in jou besit gebly het nie, en was dit nie steeds onder jou beheer nadat dit verkoop is nie? Waarom het jy jou so ’n daad in jou hart voorgeneem? Jy het nie teenoor mense oneerlik opgetree+ nie, maar teenoor God.”+ 5 Toe Ananiʹas hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterf.+ En groot vrees+ het oor almal gekom wat daarvan gehoor het. 6 Maar die jonger manne het opgestaan, hom in doeke toegedraai+ en hom uitgedra en begrawe.
7 En ná ’n tussenpose van omtrent drie uur het sy vrou ingekom sonder om te weet wat gebeur het. 8 Petrus het vir haar gesê: “Sê vir my, het julle twee die grond vir soveel verkoop?” Sy het gesê: “Ja, vir soveel.” 9 Toe het Petrus vir haar gesê: “Waarom het julle twee ooreengekom om die gees van Jehovah op die proef te stel?+ Kyk! Die voete van dié wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.” 10 Oombliklik het sy voor sy voete neergeval en gesterf.+ Toe die jong manne inkom, het hulle haar dood gevind, en hulle het haar uitgedra en haar langs haar man begrawe. 11 Gevolglik het groot vrees oor die hele gemeente gekom en oor almal wat van hierdie dinge gehoor het.
12 En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en voortekens onder die volk plaasgevind;+ en hulle was almal eendragtig saam in Salomo se pilaargang.+ 13 Nie een van die ander het weliswaar die moed gehad om by hulle aan te sluit nie;+ nietemin het die volk hulle geprys.+ 14 Wat meer is, gelowiges in die Here is voortdurend bygevoeg, menigtes van manne sowel as vroue;+ 15 sodat hulle die siekes selfs op die breë strate uitgebring en hulle daar op bedjies en draagbeddens neergelê het, sodat ten minste Petrus se skaduwee op iemand van hulle sou val wanneer hy verbygaan.+ 16 Ook het die menigte uit die stede rondom Jerusalem bly saamstroom en siekes gebring en dié wat las van onrein geeste gehad het, en hulle is almal sonder uitsondering genees.
17 Maar die hoëpriester en almal wat saam met hom was, die destydse sekte van die Sadduseërs, het opgestaan en is met jaloesie vervul,+ 18 en hulle het die hande aan die apostels geslaan en hulle in die openbare plek van bewaking gesit.+ 19 Maar gedurende die nag het Jehovah se engel+ die deure van die gevangenis oopgemaak,+ hulle uitgebring en gesê: 20 “Gaan, en nadat julle in die tempel gaan staan het, moet julle aanhou om al die woorde omtrent hierdie lewe tot die volk te spreek.”+ 21 Nadat hulle dit gehoor het, het hulle met dagbreek in die tempel ingegaan en begin leer.
En toe die hoëpriester en dié wat saam met hom was, daar aankom, het hulle die Sanʹhedrin en die hele vergadering van ouer manne van die kinders van Israel+ bymekaargeroep, en hulle het na die tronk gestuur om hulle te laat haal. 22 Maar toe die beamptes daar kom, het hulle hulle nie in die gevangenis gevind nie. Daarop het hulle teruggekeer en berig gebring 23 en gesê: “Ons het die tronk in alle veiligheid toegesluit gevind, en die wagte het by die deure gestaan, maar toe ons oopmaak, het ons niemand binne-in gevind nie.” 24 Wel, toe die hoofman van die tempel sowel as die hoofpriesters hierdie woorde hoor, het hulle nie geweet wat hulle omtrent hierdie dinge moet doen en waarop dit sou uitloop nie.+ 25 Maar ’n sekere man het daar aangekom en vir hulle vertel: “Kyk! Die manne wat julle in die gevangenis gesit het, is in die tempel en staan en leer die volk.”+ 26 Daarop het die hoofman met sy beamptes gegaan en hulle gebring, maar sonder geweld, want hulle was bang+ dat hulle deur die volk gestenig sou word.
27 Toe het hulle hulle gebring en hulle in die Sanʹhedrinsaal laat staan. En die hoëpriester het hulle ondervra 28 en gesê: “Ons het julle uitdruklik beveel+ om nie voort te gaan om in hierdie naam te leer nie, en kyk! julle het Jerusalem nietemin met julle leer vervul,+ en julle is vasbeslote om die bloed+ van hierdie man oor ons te bring.” 29 Petrus en die ander apostels het geantwoord en gesê: “Ons moet eerder aan God as heerser gehoorsaam wees as aan mense.+ 30 Die God van ons voorvaders het Jesus opgewek,+ wat julle omgebring het deur hom aan ’n paal te hang.+ 31 Hom het God as Hoofbewerker+ en Redder+ tot sy regterhand+ verhef, om aan Israel berou+ en vergifnis van sondes+ te skenk. 32 En ons is getuies van hierdie sake,+ en so ook die heilige gees,+ wat God aan dié gegee het wat hom as heerser gehoorsaam.”
33 Toe hulle dit hoor, het hulle diep gegrief gevoel en wou hulle hulle om die lewe bring.+ 34 Maar ’n sekere man het in die Sanʹhedrin opgestaan, ’n Fariseër met die naam Gamaʹliël,+ ’n leermeester van die Wet wat by die hele volk in aansien was, en hy het beveel dat die manne vir ’n klein rukkie na buite geneem moet word.+ 35 En hy het vir hulle gesê: “Manne van Israel,+ let op julleself met betrekking tot wat julle van plan is om met hierdie manne te doen. 36 Byvoorbeeld, voor hierdie dae het Teudas opgestaan en gesê dat hy iemand besonders is,+ en ’n aantal manne, omtrent vierhonderd, het by sy party aangesluit.+ Maar hy is om die lewe gebring, en almal wat hom gehoorsaam het, is verstrooi en het niks bereik nie. 37 Ná hom het Judas die Galileër in die dae van die registrasie opgestaan,+ en hy het mense agter hom aan getrek. En tog het dié man omgekom, en almal wat hom gehoorsaam het, is oral verstrooi. 38 En in die huidige omstandighede sê ek dus vir julle: Moet julle nie met hierdie manne bemoei nie, maar laat staan hulle (want as hierdie plan of hierdie werk uit mense is, sal dit omvergewerp word;+ 39 maar as dit uit God is,+ sal julle hulle nie kan keer nie);+ anders kan daar miskien bevind word dat julle eintlik teen God stry.”+ 40 Hierop het hulle aan hom gehoor gegee, en hulle het die apostels ontbied, hulle geslaan+ en hulle beveel om op te hou om in Jesus se naam te spreek+ en hulle laat gaan.
41 Hulle het toe van die Sanʹhedrin af weggegaan, bly+ omdat hulle waardig geag is om ter wille van sy naam oneer te ly.+ 42 En hulle het elke dag in die tempel en van huis tot huis+ sonder ophou voortgegaan om te leer+ en die goeie nuus oor die Christus, Jesus, bekend te maak.+