25 Maar só het Jehovah gesê: “Selfs die groep gevangenes van die sterk man sal weggeneem word,+ en dié wat reeds deur die tiran geneem is, sal ontvlug.+ En met enigiemand wat met jou twis, sal ek twis,+ en jou kinders sal ek red.+
44 “En in die dae van dié konings+ sal die God van die hemel+ ’n koninkryk oprig+ wat nooit vernietig sal word nie.+ En die koninkryk sal aan geen ander volk oorgedra word nie.+ Dit sal al hierdie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak,+ en self sal dit tot onbepaalde tye bly staan;+
18 om hulle oë te open,+ om hulle van die duisternis+ na die lig+ en van die gesag van Satan+ na God te keer, sodat hulle vergifnis van sondes kan ontvang+ en ’n erfenis+ onder dié wat deur hulle geloof in my geheilig is.’+