7 “Dink daaraan: Moenie vergeet hoe jy Jehovah jou God in die wildernis vertoorn het nie.+ Van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle opstandig in julle gedrag teenoor Jehovah.+
23 want opstandigheid+ is dieselfde as die sonde van waarsêery,+ en om vermetel vooruit te dring dieselfde as die gebruik van towerkrag en teraʹfim.+ Aangesien jy die woord van Jehovah verwerp het,+ verwerp hy jou ook as koning.”+
26 “Hulle het egter ongehoorsaam geword+ en teen u in opstand gekom+ en u wet agter hulle rug bly werp,+ en hulle het u profete doodgemaak,+ wat teen hulle getuig het om hulle na u terug te bring;+ en hulle het dade van groot minagting bly pleeg.+