Nehemia
9 En op die vier-en-twintigste dag van hierdie maand+ het die kinders van Israel bymekaargekom met gevas+ en in saklinne+ en met grond+ op hulle. 2 En die saad van Israel het hulle van al die uitlanders+ afgesonder+ en gestaan en belydenis gedoen+ van hulle eie sondes+ en die oortredings van hulle vaders.+ 3 Toe het hulle van hulle plek opgestaan,+ en hulle het gedurende ’n kwart van die dag+ uit die wetboek+ van Jehovah hulle God voorgelees; en gedurende ’n kwart het hulle belydenis gedoen+ en hulle voor Jehovah hulle God neergebuig.+
4 En Jeʹsua en Bani, Kadʹmiël, Sebanʹja, Bunni, Serebʹja,+ Bani en Kenaʹni het op die platform+ van die Leviete opgestaan en met ’n harde stem+ tot Jehovah hulle God geroep. 5 En die Leviete Jeʹsua en Kadʹmiël, Bani, Hasabneʹja, Serebʹja, Hodiʹa, Sebanʹja en Petagʹja het gesê: “Staan op, loof+ Jehovah julle God van onbepaalde tyd tot onbepaalde tyd.+ En laat hulle u glorieryke naam loof,+ wat bo alle seën en lof verhewe is.
6 “U alleen is Jehovah;+ u het die hemel gemaak,+ ja, die hemel der hemele, en sy hele leër,+ die aarde+ en alles wat daarop is,+ die seë+ en alles wat daarin is;+ en u hou dit alles in die lewe; en die leër+ van die hemel buig hulle voor u neer. 7 U is Jehovah, die ware God, wat Abram+ uitgekies het en hom uit Ur van die Galdeërs+ uitgelei het en sy naam Abraham gemaak het.+ 8 En u het sy hart getrou bevind voor u;+ daarom is die verbond+ met hom gesluit om aan hom die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete en die Perissiete en die Jebusiete en die Girgasiete te gee, om dit aan sy saad te gee;+ en u het u woorde uitgevoer, omdat u regverdig is.+
9 “En u het die ellende van ons voorvaders in Egipte gesien+ en hulle geroep by die Rooi See gehoor.+ 10 Toe het u tekens en wonderwerke gedoen teen Farao en al sy knegte en die hele volk van sy land,+ want u het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het;+ en u het vir u ’n naam+ gemaak soos dit vandag is. 11 En die see het u voor hulle gekloof,+ sodat hulle op droë grond deur die see getrek het;+ en hulle agtervolgers het u in die dieptes gewerp+ soos ’n klip+ in die sterk waters.+ 12 En met ’n wolkkolom het u hulle bedags gelei,+ en met ’n vuurkolom snags,+ om vir hulle die pad te verlig+ waarlangs hulle moes trek. 13 En op die berg Siʹnai het u neergedaal+ en uit die hemel met hulle gepraat+ en vir hulle regverdige regterlike beslissings+ en wette van waarheid,+ goeie voorskrifte+ en gebooie+ gegee. 14 En u heilige sabbat+ het u aan hulle bekend gemaak, en gebooie en voorskrifte en ’n wet het u hulle deur middel van u kneg Moses beveel.+ 15 En u het vir hulle brood uit die hemel gegee vir hulle honger+ en vir hulle water uit die groot rots laat kom vir hulle dors,+ en u het vir hulle gesê om in te gaan+ en die land in besit te neem waaromtrent u u hand in ’n eed opgehef het om dit aan hulle te gee.+
16 “En hulle, ja ons voorvaders, het vermetel gehandel+ en hulle nek verhard,+ en hulle het nie na u gebooie geluister nie. 17 Hulle het dus geweier om te luister,+ en hulle het nie gedink aan+ u wonderlike dade wat u vir hulle verrig het nie, maar hulle het hulle nek verhard+ en ’n hoof aangestel+ om na hulle knegskap in Egipte terug te keer. Maar u is ’n God van dade van vergifnis,+ genadig+ en barmhartig,+ wat nie gou toornig word nie+ en oorvloedig is+ in liefderyke goedhartigheid, en u het hulle nie verlaat nie.+ 18 Ja, toe hulle vir hulle ’n gegote beeld van ’n kalf gemaak+ en begin sê het: ‘Dit is jou God wat jou uit Egipte laat optrek het’,+ en hulle groot dade van minagting gepleeg het, 19 het u, ja u, in u oorvloedige barmhartigheid hulle nie in die wildernis verlaat nie.+ Die wolkkolom het bedags nie bo hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie,+ en ook nie die vuurkolom snags om vir hulle die pad te verlig waarlangs hulle moes trek nie.+ 20 En u goeie gees+ het u gegee om hulle omsigtig te maak, en u manna het u nie van hulle mond teruggehou nie,+ en water het u vir hulle gegee vir hulle dors.+ 21 En veertig+ jaar lank het u hulle in die wildernis van voedsel voorsien. Hulle het niks kortgekom nie.+ Hulle klere het nie verslyt nie,+ en hulle voete het nie geswel nie.+
22 “En u het aan hulle koninkryke en volke gegee+ en dit stuk vir stuk uitgedeel;+ sodat hulle die land van Sihon,+ ja, die land van die koning van Hesbon,+ en die land van Og,+ die koning van Basan,+ in besit geneem het. 23 En hulle kinders het u so baie gemaak soos die sterre van die hemel.+ Toe het u hulle in die land gebring+ wat u aan hulle voorvaders beloof het+ dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem. 24 En hulle kinders+ het ingekom en die land in besit geneem,+ en u het die inwoners van die land, die Kanaäniete,+ voor hulle onderwerp+ en hulle in hulle hand gegee, ja, hulle konings+ en die volke van die land,+ om met hulle te doen net wat hulle wou.+ 25 En hulle het versterkte stede+ en ’n vet land+ ingeneem en huise vol allerhande goeie dinge in besit geneem,+ uitgekapte reënputte,+ wingerde en olyfboorde+ en bome vir voedsel in oorvloed, en hulle het begin eet en versadig+ en vet+ geword en weelderig gelewe deur u groot goedheid.+
26 “Hulle het egter ongehoorsaam geword+ en teen u in opstand gekom+ en u wet agter hulle rug bly werp,+ en hulle het u profete doodgemaak,+ wat teen hulle getuig het om hulle na u terug te bring;+ en hulle het dade van groot minagting bly pleeg.+ 27 Hiervoor het u hulle in die hand van hulle teenstanders gegee,+ wat hulle in benoudheid bly bring het;+ maar in die tyd van hulle benoudheid het hulle tot u geroep,+ en u het vanuit die hemel gehoor;+ en ooreenkomstig u oorvloedige barmhartigheid+ het u aan hulle redders gegee+ wat hulle uit die hand van hulle teenstanders gered het.+
28 “Maar sodra hulle rus gehad het, het hulle weer gedoen wat sleg is voor u,+ en u het hulle oorgelaat aan die hand van hulle vyande, wat hulle vertrap het.+ Dan het hulle teruggekeer en tot u om hulp geroep,+ en u het vanuit die hemel gehoor+ en hulle ooreenkomstig u oorvloedige barmhartigheid herhaaldelik verlos.+ 29 Hoewel u teen hulle getuig het+ om hulle na u wet+ terug te bring, het hulle vermetel gehandel+ en nie na u gebooie geluister nie; en hulle het teen u regterlike beslissings+ gesondig,+ waardeur ’n mens, as hy dit nakom, ook sal lewe.+ En hulle het voortdurend ’n wederstrewige skouer gebied,+ en hulle nek het hulle verhard,+ en hulle het nie geluister nie.+ 30 Maar u was baie jare lank toegewend teenoor hulle+ en het teen hulle bly getuig+ deur u gees, deur middel van u profete, en hulle het nie geluister nie.+ Uiteindelik het u hulle in die hand van die volke van die lande gegee.+ 31 En in u oorvloedige barmhartigheid het u hulle nie uitgeroei+ of verlaat+ nie; want u is ’n genadige+ en barmhartige+ God.
32 “En nou, o ons God, die groot,+ magtige+ en vreesinboesemende+ God, wat die verbond+ en liefderyke goedhartigheid+ hou, laat al die teëspoed wat ons,+ ons konings,+ ons vorste+ en ons priesters+ en ons profete+ en ons voorvaders+ en u hele volk van die dae van die konings van Assiʹrië af tot vandag toe getref het,+ nie gering voor u lyk nie.+ 33 En u is regverdig+ in alles wat oor ons gekom het, want u het getrou+ gehandel, maar dit is ons wat goddeloos gehandel het.+ 34 Wat ons konings, ons vorste, ons priesters en ons voorvaders+ betref, hulle het u wet nie nagekom nie+ en ook nie aandag geskenk aan u gebooie+ of aan u getuienisse waarmee u teen hulle getuig het+ nie. 35 En hulle—gedurende hulle koninkryk+ en te midde van u oorvloedige goeie dinge+ wat u hulle gegee het en in die wye en vet land+ wat u tot hulle beskikking gestel het, het hulle u nie gedien nie+ en hulle nie van hulle slegte handelinge afgekeer nie.+ 36 Kyk! Ons is vandag slawe;+ en wat die land betref wat u aan ons voorvaders gegee het om die vrug en die goeie dinge daarvan te eet, kyk! ons is slawe daarin,+ 37 en die opbrengs daarvan is oorvloedig+ vir die konings+ wat u oor ons gestel het weens ons sondes,+ en hulle heers oor ons liggame en oor ons mak diere, net soos hulle wil, en ons is in groot benoudheid.+
38 “Met die oog op dit alles gaan ons derhalwe ’n betroubare ooreenkoms aan,+ skriftelik sowel as bekragtig deur die seël+ van ons vorste, ons Leviete en ons priesters.”+