2 En hy sal soos ’n takkie+ voor iemand opkom, en soos ’n wortel uit ’n waterlose land. Hy het nie ’n statige gestalte of enige prag nie;+ en wanneer ons hom sal sien, is die voorkoms nie sodanig dat ons hom sou begeer nie.+
5 “Kyk! Daar kom dae”, is die woord van Jehovah, “en ek sal vir Dawid ’n regverdige spruit verwek.+ En ’n koning sal beslis regeer+ en oordeelkundig handel en geregtigheid en regverdigheid uitoefen in die land.+
8 “‘Hoor asseblief, o hoëpriester Josua, jy en jou metgeselle wat voor jou sit, want hulle is manne wat as voortekens dien;+ want kyk, ek laat my kneg+ Spruit+ kom!