12En Jehovah het vir Abram gesê: “Trek weg uit jou land en van jou familielede en van die huis van jou pa af en gaan na die land wat ek jou sal wys.+2 Ek sal jou ’n groot nasie maak. Ek sal jou seën en sorg dat jy geëerd is, en jy sal ’n seën vir ander word.+
5 Toe het God vir Abram gesê om buitentoe te gaan, en hy het vir hom gesê: “Kyk asseblief op na die hemel en tel die sterre, as jy kan.” Toe het hy vir hom gesê: “So sal jou nageslag* word.”+
2 Toe het God in ’n nagvisioen met Israel gepraat en gesê: “Jakob, Jakob!” En hy het gesê: “Hier is ek!” 3 Hy het gesê: “Ek is die ware God, die God van jou pa.+ Moenie bang wees om na Egipte te gaan nie, want daar sal ek jou ’n groot nasie maak.+
7 En die Israeliete het kinders gehad en baie vermeerder, en hulle het baie geword en buitengewoon vinnig magtiger geword, en die land het vol van hulle geword.+