-
2 Samuel 8:3, 4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Dawid het Hadadeʹser, die seun van Rehob, die koning van Soba,+ verslaan toe Hadadeʹser op pad was om sy beheer oor die gebied by die Eufraatrivier+ te herstel. 4 Dawid het 1 700 van sy perderuiters en 20 000 van sy voetsoldate gevange geneem. Toe het Dawid die hakskeensenings van al die strydwaperde+ afgesny, maar hy het 100 van die perde laat oorbly.
-