-
Josua 7:24, 25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Josua en die hele Israel saam met hom het Agan,+ die seun van Serag, toe geneem, sowel as die silwer, die ampskleed, die goudstaaf,+ sy seuns, sy dogters, sy bul, sy donkie, sy kudde, sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hulle na die Agor-vallei+ gebring. 25 Josua het gesê: “Hoekom het jy rampspoed* oor ons gebring?+ Vandag gaan Jehovah rampspoed oor jou bring.” Toe het die hele Israel hom met klippe doodgegooi,+ en daarna het hulle hulle verbrand.+ So is hulle almal met klippe doodgegooi.
-
-
Ester 9:24, 25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Want Haman,+ die seun van Hammedaʹta, die Agagiet,+ die vyand van al die Jode, het ’n plan teen die Jode beraam om hulle te vernietig,+ en hy het die pur,+ of die lot, laat werp om hulle paniekbevange te maak en om hulle te vernietig. 25 Maar toe Ester voor die koning inkom, het hy ’n bevel laat neerskryf+ wat sê: “Laat die wrede dinge wat hy teen die Jode beplan het,+ met hom gebeur,” en hulle het hom en sy seuns aan die paal gehang.+
-