Ester
9 Op die 13de dag van die 12de maand, die maand Adar,*+ moes die koning se woord en wet uitgevoer word.+ Dit was die dag toe die Jode se vyande gehoop het om hulle te verslaan, maar die teenoorgestelde het gebeur, en die Jode het hulle vyande verslaan.+ 2 Die Jode het in hulle stede in al die provinsies* van koning Ahasʹveros+ bymekaargekom om te gaan veg teen dié wat hulle wou aanval, en niemand kon teen die Jode staande bly nie, want al die volke was bang vir hulle.+ 3 En al die leiers van die provinsies,* die satrape,*+ die goewerneurs en dié wat na die sake van die koning omgesien het, het die Jode ondersteun, want hulle was bang vir Morʹdegai. 4 Morʹdegai het ’n hoë posisie+ in die koning se paleis* verkry, en hy het al hoe bekender geword in al die provinsies,* want Morʹdegai het magtiger en magtiger geword.
5 Die Jode het al hulle vyande met die swaard doodgemaak en vernietig. Hulle het aan hulle vyande gedoen net wat hulle wou.+ 6 In die paleis* Susan*+ het die Jode 500 manne doodgemaak. 7 Hulle het ook vir Parsandaʹta, Dalfon, Aspaʹta, 8 Poraʹta, Adalʹja, Aridaʹta, 9 Parmasʹta, Ariʹsai, Ariʹdai en Waisaʹta doodgemaak. 10 Dit was die tien seuns van Haman, die seun van Hammedaʹta, die vyand van die Jode.+ Maar nadat hulle hulle doodgemaak het, het hulle nie enige van hulle besittings gevat nie.+
11 Op daardie dag is die getal van dié wat in die paleis* Susan* doodgemaak is, aan die koning bekend gemaak.
12 Die koning het vir koningin Ester gesê: “In die paleis* Susan* het die Jode 500 manne en die tien seuns van Haman doodgemaak. Maar wat het hulle in die res van die koning se provinsies* gedoen?+ Wat kan ek nou vir jou doen? Dit sal aan jou gegee word. En wat wil jy nog vra? Laat dit gedoen word.” 13 Ester het geantwoord: “As die koning dit goedvind,+ laat die Jode wat in Susan* is, toegelaat word om ook môre volgens die wet van vandag op te tree,+ en laat die tien seuns van Haman aan die paal gehang word.”+ 14 Toe het die koning beveel dat dit gedoen moet word. ’n Wet is in Susan* uitgevaardig, en die tien seuns van Haman is gehang.
15 Die Jode in Susan* het op die 14de dag van die maand Adar+ weer bymekaargekom, en hulle het 300 manne in Susan* doodgemaak, maar hulle het nie enige van hulle besittings gevat nie.
16 Die res van die Jode in die provinsies* van die koning het ook bymekaargekom en hulleself verdedig.+ Hulle het ontslae geraak van hulle vyande+ deur 75 000 van hulle dood te maak, maar hulle het nie enige van hulle besittings gevat nie. 17 Dit was op die 13de dag van die maand Adar, en hulle het op die 14de dag gerus en dit ’n dag gemaak waarop hulle feesgevier het en vreugdevol was.
18 Die Jode in Susan* het op die 13de+ en die 14de+ dag bymekaargekom, en hulle het op die 15de dag gerus en dit ’n dag gemaak waarop hulle feesgevier het en vreugdevol was. 19 Daarom het die Jode wat op die platteland gewoon het, die 14de dag van die maand Adar ’n dag gemaak waarop hulle bly was en feesgevier het+ en kos aan mekaar gestuur het.+
20 Morʹdegai+ het hierdie dinge neergeskryf en amptelike briewe aan al die Jode gestuur in al die provinsies* van koning Ahasʹveros, aan dié wat naby sowel as dié wat ver was. 21 Hy het vir hulle gesê om elke jaar die 14de en 15de dag van die maand Adar te vier, 22 want op daardie dae is die Jode verlos van hulle vyande, en in daardie maand is hulle hartseer in blydskap verander, en hulle getreur+ in feesviering. Hulle moes dit as dae van feesviering en blydskap vier en as ’n tyd om kos aan mekaar en geskenke aan die armes te stuur.
23 En die Jode het ingestem om elke jaar hierdie fees te vier en om te doen wat Morʹdegai aan hulle geskryf het. 24 Want Haman,+ die seun van Hammedaʹta, die Agagiet,+ die vyand van al die Jode, het ’n plan teen die Jode beraam om hulle te vernietig,+ en hy het die pur,+ of die lot, laat werp om hulle paniekbevange te maak en om hulle te vernietig. 25 Maar toe Ester voor die koning inkom, het hy ’n bevel laat neerskryf+ wat sê: “Laat die wrede dinge wat hy teen die Jode beplan het,+ met hom gebeur,” en hulle het hom en sy seuns aan die paal gehang.+ 26 Hulle het hierdie dae dus Purim genoem, na die naam van die pur.*+ En as gevolg van alles in hierdie brief en wat hulle gesien het en wat met hulle gebeur het, 27 het die Jode hulleself en hulle nakomelinge en almal wat by hulle sou aansluit,+ verplig om hierdie twee dae elke jaar op die vasgestelde tyd te vier en om alles te doen wat daaroor geskryf is. 28 Hierdie dae moes in elke geslag, elke familie, elke provinsie* en elke stad onthou en gevier word. En hierdie dae van die Purim moenie tot ’n einde kom onder die Jode nie, en die herdenking daarvan moenie tot ’n einde kom onder hulle nakomelinge nie.
29 Toe het koningin Ester, die dogter van Abiʹhail, sowel as die Jood Morʹdegai hulle gesag gebruik en ’n tweede brief geskryf om die Purim te bevestig. 30 Hy het amptelike briewe met woorde van vrede en waarheid aan al die Jode in die 127 provinsies*+ van die koninkryk van Ahasʹveros+ gestuur. 31 Die briewe het die herdenking van hierdie dae van die Purim op hulle vasgestelde tye bevestig, net soos die Jood Morʹdegai en koningin Ester hulle beveel het om te doen+ en net soos hulle hulleself en hulle nakomelinge verplig het om te doen.+ Hy het ook gesê dat hulle moet vas+ en smeekgebede+ moet doen. 32 En die bevel van Ester het hierdie sake van die Purim+ bevestig, en dit is in ’n boek neergeskryf.