-
Deuteronomium 30:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
30 “Wanneer al hierdie dinge oor julle kom, die seën en die vloek, wat ek aan julle voorgehou het,+ en julle weer daaraan terugdink*+ in al die nasies waarheen Jehovah julle God julle verstrooi het,+ 2 en julle tot Jehovah julle God terugkeer+ en na sy stem luister volgens alles wat ek julle vandag beveel, julle en julle kinders, met julle hele hart en julle hele siel,*+ 3 dan sal Jehovah julle God julle gevangenes terugbring+ en genadig wees teenoor julle+ en julle weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen Jehovah julle God julle verstrooi het.+
-
-
Jesaja 66:20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Hulle sal al julle broers uit al die nasies+ as ’n gawe aan Jehovah bring. Hulle sal hulle op perde, in waens, in tentwaens, op muile en op vinnige kamele bring na my heilige berg, Jerusalem,” sê Jehovah, “net soos wanneer die Israeliete hulle gawe in ’n rein houer in die huis van Jehovah inbring.”
-