-
Genesis 12:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 En Jehovah het vir Abram gesê: “Trek weg uit jou land en van jou familielede en van die huis van jou pa af en gaan na die land wat ek jou sal wys.+ 2 Ek sal jou ’n groot nasie maak. Ek sal jou seën en sorg dat jy geëerd is, en jy sal ’n seën vir ander word.+ 3 Ek sal diegene seën wat jou seën, en ek sal die persoon vervloek wat jou vervloek,+ en al die families van die aarde sal deur middel van jou geseën word.”*+
-
-
Genesis 22:17, 18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
17 sal ek jou beslis seën en jou nageslag* beslis vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sandkorrels op die strand.+ En jou nageslag* sal die stede* van sy vyande in besit neem.+ 18 En deur middel van jou nageslag*+ sal al die nasies van die aarde ’n seën vir hulleself verkry omdat jy na my stem geluister het.’”+
-