Die tweede brief aan die Korintiërs
3 Begin ons om onsself weer aan te beveel? Of het ons, soos party mense, aanbevelingsbriewe nodig wat aan julle geskryf is of wat deur julle geskryf is? 2 Julle is ons brief,+ wat op ons harte geskryf is en wat deur die hele mensdom geken en gelees word. 3 Want dit is duidelik dat julle ’n brief van Christus is wat deur ons as bedienaars+ geskryf is. Dit is nie met ink geskryf nie, maar met die gees van ’n lewende God. Dit is nie op kliptablette+ geskryf nie, maar op harte.*+
4 Ons het hierdie soort vertroue teenoor God as gevolg van die Christus. 5 Nie dat ons vanself bekwaam is om hierdie werk te doen nie, maar God is die een wat ons bekwaam maak.+ 6 Hy is die een wat ons bekwaam maak om bedienaars van ’n nuwe verbond te wees,+ nie van geskrewe wette nie,+ maar van gees, want die geskrewe Wet veroordeel tot die dood,+ maar die gees maak lewend.+
7 Die Wet wat tot die dood lei en wat met letters op klippe gegraveer is,+ is met soveel heerlikheid gegee dat die Israeliete nie na Moses se gesig kon bly kyk nie as gevolg van die glans van sy gesig,+ ’n glans wat weggeneem sou word. 8 As die Wet met heerlikheid gegee is, sal die gees+ dan nie met selfs meer heerlikheid gegee word nie?+ 9 Want as die Wet wat tot veroordeling lei,+ heerlikheid gehad het,+ dan sal die werk wat tot regverdigheid lei, selfs nog meer heerlikheid hê!+ 10 Selfs dit wat voorheen verheerlik was, het daardie heerlikheid verloor as gevolg van die heerlikheid wat nog beter is.+ 11 Want as dit wat weggeneem sou word, met heerlikheid ingebring is,+ hoeveel groter sal die heerlikheid wees van dit wat bly!+
12 Aangesien ons hierdie hoop het,+ praat ons met groot vrymoedigheid, 13 en ons doen nie wat Moses gedoen het toe hy ’n sluier oor sy gesig gesit het+ sodat die Israeliete nie kon kyk na wat sou gebeur met dit wat weggeneem sou word nie. 14 Maar hulle verstande was toe.+ Want tot vandag toe is dieselfde sluier nog steeds daar wanneer die ou verbond gelees word+ omdat dit net deur middel van Christus weggeneem word.+ 15 Om die waarheid te sê, tot vandag toe is daar ’n sluier oor hulle hart+ elke keer wanneer die geskrifte van Moses gelees word.+ 16 Maar wanneer iemand verander sodat hy Jehovah* kan aanbid, word die sluier weggeneem.+ 17 En Jehovah* is die Gees,+ en waar die gees van Jehovah* is, is daar vryheid.+ 18 Met onbedekte gesigte weerkaats ons die heerlikheid van Jehovah* soos spieëls. Ons word verander om sy beeld en sy heerlikheid meer en meer te weerkaats, net soos Jehovah,* die Gees,*+ dit wil hê.