Jeremia
1 Dít is die woorde van Jeremia* die seun van Hilkiʹa, een van die priesters in Aʹnatot+ in die land van Benjamin. 2 Hy het boodskappe van Jehovah ontvang in die 13de jaar nadat Josiʹa+ die seun van Amon+ koning van Juda geword het. 3 Hy het ook boodskappe ontvang in die tyd van Jojaʹkim+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, tot aan die einde van die 11de jaar van Sedekiʹa+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, toe Jerusalem in die vyfde maand in ballingskap gegaan het.+
4 Jehovah het vir my gesê:
Ek het jou ’n profeet vir die nasies gemaak.”
6 Maar ek het gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah!
Ek kan nie goed praat nie,+ want ek is maar net ’n seun.”*+
7 Jehovah het toe vir my gesê:
“Moenie sê: ‘Ek is maar net ’n seun’ nie.
Want jy moet na almal gaan na wie ek jou stuur,
en jy moet alles sê wat ek jou beveel.+
9 Toe het Jehovah sy hand uitgesteek en aan my mond geraak.+ En Jehovah het vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond gesit.+ 10 Kyk, ek het jou vandag oor die nasies en oor die koninkryke aangestel, om uit te ruk en af te breek, om te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.”+
11 Jehovah het weer met my gepraat en gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Toe het ek gesê: “Ek sien die tak van ’n amandelboom.”*
12 Jehovah het vir my gesê: “Ja, jy het reg gesien, want ek is wawyd wakker sodat ek my woord kan uitvoer.”
13 Jehovah het ’n tweede keer met my gepraat en gevra: “Wat sien jy?” Toe het ek gesê: “Ek sien ’n pot wat kook,* en die opening van die pot is weg van die noorde af gedraai.” 14 Toe het Jehovah vir my gesê:
“Uit die noorde sal die rampspoed losbreek
teen al die inwoners van die land.+
15 Want ‘ek roep al die families van die koninkryke van die noorde,’ sê Jehovah,+
‘en hulle sal beslis kom, en elkeen sal sy troon opstel
by die ingang van die poorte van Jerusalem,+
en hulle sal die mure rondom die stad
en al die stede van Juda aanval.+
16 En ek sal my oordele teen hulle uitspreek weens al hulle goddeloosheid,
want hulle het my verlaat,+
en hulle maak offerrook vir ander gode,+
en hulle buig neer voor die werke van hulle eie hande.’+
Moenie vir hulle bang wees nie,+
sodat ek jou nie voor hulle rede gee om bang te wees nie.