Jesaja
38 In daardie dae het Hiskiʹa dodelik siek geword.+ Die profeet Jesaja,+ die seun van Amos, het vir hom gaan sê: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Gee instruksies aan jou huisgesin, want jy gaan sterf. Jy sal nie gesond word nie.’”+ 2 Toe het Hiskiʹa sy gesig na die muur gedraai en tot Jehovah begin bid en gesê: 3 “Ek smeek u, o Jehovah, onthou+ asseblief hoe ek u getrou en met my hele hart gedien het,+ en ek het gedoen wat goed is in u oë.” En Hiskiʹa het bitterlik begin huil.
4 Toe het Jehovah vir Jesaja gesê: 5 “Gaan terug en sê vir Hiskiʹa:+ ‘Dít is wat Jehovah, die God van jou voorvader Dawid, sê: “Ek het jou gebed gehoor.+ Ek het jou trane gesien.+ Ek sal 15 jaar by jou lewe voeg,+ 6 en ek sal jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assiʹrië red, en ek sal hierdie stad verdedig.+ 7 Dít is die teken van Jehovah om te bewys dat Jehovah sal vervul wat hy gesê het:+ 8 Ek sal die skaduwee wat reeds op die trap* van Agas afbeweeg het, tien trappies laat teruggaan.”’”+ En die skaduwee het tien trappies teruggegaan op die trap nadat dit reeds vorentoe gegaan het.
9 Toe koning Hiskiʹa van Juda siek geword het en van sy siekte herstel het, het hy die volgende geskryf:
Ek sal beroof word van my oorblywende jare.”
11 Ek het gesê: “Ek sal Jah* nie sien nie. Ek sal Jah in die land van die lewendes nie sien nie.+
Wanneer ek by die inwoners is van die plek waar alles tot ’n einde kom,
sal ek die mensdom nie meer sien nie.
Ek het my lewe opgerol soos ’n wewer ’n stuk lap oprol.
Ek word losgesny van die weefraam af.
Van die oggend tot die aand maak u ’n einde aan my.+
13 Ek probeer kalm bly tot die oggend.
Soos ’n leeu hou hy aan om al my bene te breek.
Van die oggend tot die aand maak u ’n einde aan my.+
14 Ek piep heeltyd soos ’n swaeltjie of ’n lyster.*+
Ek hou aan koer soos ’n duif.+
Uitgeput kyk ek na bo:+
‘O Jehovah, ek ly verskriklik.
Ondersteun my asseblief!’+
15 Wat kan ek sê?
Hy het met my gepraat en opgetree.
Al my jare sal ek nederig wees
weens my bittere lyding.
U sal my weer gesond maak en my laat lewe.+
17 In plaas van vrede het ek bittere lyding gehad.
Maar uit liefde vir my
het u my gered van die plek van vernietiging.+
U het al my sondes agter u rug gegooi.*+
18 Want die Graf* kan u nie prys nie.+
Die dood kan u nie loof nie.+
Dié wat in die graf afgaan, kan nie hoop op u getrouheid nie.+
19 Net die lewendes kan u prys,
soos ek vandag kan.
’n Pa kan sy kinders oor u getrouheid leer.+
20 O Jehovah, red my!
Dan sal ons al die dae van ons lewe
my liedere op snaarinstrumente speel+ in die huis van Jehovah.’”+
21 Jesaja het toe gesê: “Gaan haal ’n koek van saamgeperste droëvye en sit dit op die sweer, sodat hy kan herstel.”+ 22 Hiskiʹa het vroeër gevra: “Wat is die teken dat ek na die huis van Jehovah sal gaan?”+