Hosea
2 Kom terug na Jehovah,
en sê vir hom: ‘Vergewe asseblief ons oortreding+ en aanvaar wat goed is,
en ons sal die lof van ons lippe offer+ soos ons jong bulle sou offer.
3 Assiʹrië sal ons nie red nie.+
Ons sal nie op perde ry nie,+
en ons sal nie meer vir die werk van ons hande sê: “O ons God!” nie,
want u is die Een wat genade aan weeskinders betoon.’+
4 Ek sal hulle ontrouheid genees.+
5 Ek sal vir Israel soos dou word.
Hy sal blom soos ’n lelie,
en hy sal sy wortels diep afstuur soos die bome van die Liʹbanon-berge.
6 Sy takkies sal uitsprei,
sy prag sal soos dié van ’n olyfboom wees
en sy geur soos dié van die Liʹbanon-berge.
7 Hulle sal weer in sy skaduwee woon.
Hulle sal met graan boer en sal bot soos ’n wingerdstok.+
Sy roem sal soos die wyn van die Liʹbanon wees.
8 Eʹfraim sal sê: ‘Wat het ek nog met afgode te doen?’+
Ek sal antwoord en oor hom waak.+
Ek sal soos ’n groen jenewerboom wees.
Jou vrugte sal van my af kom.”
9 Wie is wys? Laat hom hierdie dinge verstaan.
Wie is verstandig? Laat hom dit begryp.
Want die weë van Jehovah is reg,+
en die regverdiges sal dit volg.
Maar die oortreders sal daarop struikel.