Psalms
Oor Salomo.
2 Mag hy die saak van u volk met regverdigheid verdedig,
en die saak van die hulpeloses met geregtigheid.+
3 Mag die berge vir die volk vrede bring,
en mag die heuwels regverdigheid bring.
4 Laat hy die hulpeloses onder die volk verdedig,*
laat hy die kinders van die arme red,
en laat hy die bedrieër vernietig.+
7 Die regverdige sal in sy dae floreer,*+
en daar sal ’n oorvloed van vrede wees+ totdat die maan nie meer daar is nie.
11 Al die konings sal voor hom neerbuig,
en al die nasies sal hom dien.
12 Want hy sal die arme red wat om hulp roep,
en ook enigiemand wat geen helper het nie.
13 Hy sal jammer voel vir die hulpelose en die arme,
en hy sal die lewens van die armes red.
14 Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle red,
en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.
15 Mag hy lewe, en mag die goud van Skeba+ aan hom gegee word.
Mag daar heeltyd vir hom gebid word,
en mag hy die hele dag lank geseën word.
16 Daar sal volop graan op die aarde wees.+
Op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.
Sy graan sal so volop wees soos die bome in die Liʹbanon-berge,+
en in die stede sal mense vermeerder soos die plante van die aarde.+
Mag mense vir hulleself ’n seën verkry deur middel van hom.+
Mag alle nasies hom gelukkig noem.
18 Mag Jehovah God, Israel se God, geloof word.+
Hy alleen doen wonderlike dinge.+
Amen en Amen.