Psalms
Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.* Toe Saul manne gestuur het om Dawid se huis* dop te hou sodat hulle hom kon doodmaak.+
59 Red my van my vyande, o my God.+
Beskerm my teen dié wat teen my opstaan.+
3 Kyk! Hulle lê en wag om my onverwags dood te maak.+
Sterk manne val my aan,
maar nie omdat ek opstandig was of gesondig het nie,+ o Jehovah.
4 Hoewel ek niks verkeerds gedoen het nie, hardloop hulle en maak hulle gereed om aan te val.
Staan tog op wanneer ek roep, en kyk.
5 Want u, o Jehovah God van die leërmagte, is die God van Israel.+
Word tog wakker om u aandag te rig op al die nasies.
Moenie genade betoon aan enige goddelose verraaiers nie.+ (Sela)
Hulle grom* soos honde+ en sluip rond in die stad.+
7 Kyk wat uit hulle mond uitborrel.
8 Maar u, o Jehovah, sal vir hulle lag.+
U sal al die nasies bespot.+
10 Die God wat lojale liefde aan my betoon, sal my kom help.+
God sal my laat sien hoe my vyande val.+
11 Moet hulle nie doodmaak nie, sodat my volk nie sal vergeet nie.
Laat hulle rondswerf deur u mag.
Verslaan hulle, o Jehovah, ons skild.+
12 Mag hulle deur hulle trots verstrik word
weens die sonde van hulle mond, die woord van hulle lippe,+
weens die vloek en die bedrieglike woorde wat hulle sê.
13 Maak ’n einde aan hulle in u woede.+
Maak ’n einde aan hulle, sodat hulle nie meer daar is nie.
Laat hulle weet dat God in Jakob en tot aan die eindes van die aarde regeer.+ (Sela)
14 Laat hulle in die aand terugkom.
Laat hulle soos honde grom* en in die stad rondsluip.+
15 Laat hulle ronddwaal op soek na iets om te eet.+
Laat hulle nie versadig word of blyplek vind nie.
16 Maar ek sal van u krag sing.+
In die oggend sal ek met vreugde van u lojale liefde vertel.