Jesaja
2 En elkeen sal soos ’n skuilplek teen die wind
en ’n skuiling teen die reënstorm wees,
soos waterstrome in ’n waterlose land,+
soos die skaduwee van ’n groot rots in ’n dorre land.
3 Dan sal die oë van dié wat sien, nie meer toe wees nie,
en die ore van dié wat hoor, sal aandag skenk.
4 Impulsiewe mense sal nadink oor die kennis wat hulle verkry,
en dié wat hakkel, sal vlot en duidelik praat.+
5 Die verstandelose sal nie meer vrygewig genoem word nie,
en die beginsellose man sal nie gerespekteer word nie,
6 want die verstandelose sal onsin praat,
en sy hart sal skadelike planne beraam,+
om afvalligheid te bevorder* en om leuens oor Jehovah te vertel,
om die een wat honger is, honger te laat ly
en om die een wat dors is, dors te laat ly.
7 Die weë van die beginsellose man is sleg.+
Hy bevorder skandelike gedrag
om die hulpelose met leuens te vernietig,+
selfs wanneer die arme reg is.
9 “Staan op en luister na my stem, oorgeruste vroue!
Skenk aandag aan wat ek sê, sorgelose dogters!+
10 Oor bietjie meer as ’n jaar sal julle wat sorgeloos is, paniekbevange wees,
want aan die einde van die druiwe-oes sal daar geen vrugte ingesamel wees nie.+
11 Bewe, julle oorgeruste vroue!
Bewe van vrees, julle wat sorgeloos is!
Trek julle klere uit
en sit saklinne om julle heupe.+
12 Slaan op julle bors van hartseer
oor die pragtige landerye en die vrugbare wingerde.
13 Want die grond van my volk sal vol dorings en dissels wees.
Dit sal al die huise toegroei wat voorheen vol vrolikheid was,
ja, die hele vreugdevolle stad.+
14 Want die versterkte toring is verlate.
Die lawaaierige stad is leeg.+
Ofel+ en die wagtoring het ’n permanente wildernis geword,
’n paradys vir die wildedonkies,
’n weiveld vir die kuddes.+
15 Dit sal so wees totdat die gees van bo af oor ons uitgestort word+
en die wildernis ’n vrugteboord word
en die vrugteboord as ’n woud beskou word.+
17 Die resultaat van ware regverdigheid sal vrede wees,+
en die gevolg van ware regverdigheid sal blywende kalmte en veiligheid wees.+
19 Maar die hael sal die woud platslaan,
en die stad sal met die grond gelykgemaak word.