Aan die Hebreërs
2 Daarom is dit nodig dat ons meer as die gewone aandag skenk aan die dinge wat ons gehoor het,+ sodat ons nooit wegdryf nie.+ 2 Want as die woord wat deur middel van engele verkondig is,+ vervul is sodat elke oortreding en ongehoorsame daad in ooreenstemming met geregtigheid gestraf is,+ 3 hoe sal ons dan kan vlug as ons so ’n groot redding laat verbygaan het?+ Want dit is eers deur middel van ons Here bekend gemaak+ en is vir ons bevestig deur dié wat hom gehoor het. 4 God het ook saam getuig deur tekens en wonderwerke en allerhande kragtige werke te doen+ en deur die heilige gees volgens sy wil uit te deel.+
5 Want hy het die toekomstige bewoonde aarde waarvan ons praat,+ nie aan engele onderwerp nie. 6 Maar iemand het êrens getuig: “Wat is die mens dat u aan hom dink, of ’n mensekind dat u vir hom sorg?+ 7 U het hom ’n bietjie laer as engele gemaak. U het hom met heerlikheid en eer gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8 U het alles onder sy voete geplaas.”+ Deur alles aan hom te onderwerp,+ het God niks uitgesluit wat nie aan hom onderwerp is nie.+ Maar nou sien ons nog nie dat alles aan hom onderwerp is nie.+ 9 Maar ons sien wel dat Jesus, wat ’n bietjie laer as engele gemaak is,+ met heerlikheid en eer gekroon is omdat hy die dood ondergaan het.+ Deur God se onverdiende goedheid het hy die dood vir elke mens ervaar.+
10 Om baie kinders tot heerlikheid te lei,+ het die Een vir wie alles is en deur wie alles is, dit gepas gevind om die een deur wie redding vir hulle moontlik gemaak is,*+ tot volmaaktheid te bring deur hom te laat ly.+ 11 Want die een wat heilig sowel as dié wat geheilig word,+ is almal afstammelinge van dieselfde vader,+ en daarom is hy nie skaam om hulle broers te noem nie,+ 12 want hy sê: “Ek sal u naam aan my broers bekend maak. Ek sal u in die gemeente loof deur liedere te sing.”+ 13 En hy sê ook: “Ek sal op hom vertrou.”+ En ook: “Kyk! Ek en die jong kinders, wat Jehovah* my gegee het.”+
14 Aangesien die “jong kinders” dan vlees en bloed is, het hy ook vlees en bloed geword+ sodat hy deur sy dood die een kan vernietig wat die vermoë het om die dood te veroorsaak,+ naamlik die Duiwel,+ 15 en sodat hy almal kan bevry wat hulle hele lewe lank slawe was omdat hulle bang was vir die dood.+ 16 Want in werklikheid help hy nie engele nie, maar Abraham se nageslag.*+ 17 Gevolglik moes hy in alle opsigte soos sy “broers” word.+ So kon hy ’n genadige en getroue hoëpriester in die diens van God word om ’n versoeningsoffer+ vir die sondes van die volk te bring.+ 18 Hy het self gely toe hy getoets is,+ en daarom kan hy dié help wat getoets word.+