Psalms
Vir die musiekleier, op die “Takbokooi van die dagbreek”. ’n Melodie van Dawid.
22 My God, my God, waarom het u my verlaat?+
Waarom is u ver daarvan om my te red,+
Ver van die woorde van my gebrul?+
2 O my God, bedags bly ek roep, en u antwoord nie;+
En snags, en daar is geen stilswye van my kant nie.+
4 Op u het ons vaders vertrou;+
Hulle het vertrou, en u het voortdurend aan hulle ontkoming verskaf.+
5 Tot u het hulle geroep,+ en hulle het veilig weggekom;+
Op u het hulle vertrou, en hulle het nie beskaamd gestaan nie.+
7 Wat almal betref wat my sien, hulle bespot my;+
Hulle bly hulle mond wyd oopmaak, hulle bly hulle kop skud:+
8 “Hy het hom aan Jehovah toevertrou.+ Laat Hy aan hom ontkoming verskaf!+
Laat hy hom verlos, aangesien hy behae in hom het!”+
9 Want u was die Een wat my uit die moederskoot uitgetrek het,+
Die Een wat my laat vertrou het terwyl ek aan die borste van my moeder gelê het.+
14 Soos water is ek uitgestort,+
En al my beendere is van mekaar geskei.+
My hart het soos was geword;+
Dit het gesmelt diep in my ingewande.+
15 My krag het verdroog net soos ’n erdeskerf,+
En my tong kleef aan my tandvleis;+
En in die stof van die dood lê u my neer.+
16 Want honde het my omsingel;+
Die vergadering van kwaaddoeners het my omsluit.+
Soos ’n leeu is hulle aan my hande en my voete.+
20 Verlos tog my siel van die swaard,+
My enigste uit die poot van die hond;+
21 Red my uit die bek van die leeu,+
En van die horings van wilde bulle moet u my antwoord en red.+
23 Julle wat Jehovah vrees, loof hom!+
Almal wat die saad van Jakob is, verheerlik hom!+
En vrees hom, julle almal wat die saad van Israel is.+
24 Want hy het die ellende van die geteisterde+
Nie verag+ of verafsku nie;
En hy het sy aangesig nie vir hom verberg nie,+
En wanneer hy tot hom om hulp geroep het, het hy gehoor.+
26 Die sagmoediges sal eet en versadig word;+
Dié wat Jehovah soek, sal hom loof.+
Mag julle hart vir ewig lewe.+
27 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en tot Jehovah terugkeer.+
En al die families van die nasies sal hulle voor u neerbuig.+