Psalms
Van Dawid.
27 Jehovah is my lig+ en my redding.+
Vir wie sou ek bang wees?+
Jehovah is die vesting van my lewe.+
Wie sou ek vrees?+
2 Toe die kwaaddoeners teen my nader gekom het om my vlees te verslind+—
Hulle wat persoonlik my teenstanders en my vyande was+—
Het hulle gestruikel en geval.+
3 Al sou ’n leërkamp teen my tent opslaan,+
Sal my hart nie vrees nie.+
Al sou oorlog teen my losbreek,+
Sal ek selfs dan vertrou.+
4 Een ding het ek van Jehovah gevra+—
Dit sal ek soek:+
Dat ek al die dae van my lewe in die huis van Jehovah mag woon,+
Om die lieflikheid van Jehovah te sien+
En sy tempel met waardering te aanskou.+
5 Want hy sal my in sy plek van beskutting wegsteek in die dag van rampspoed;+
Hy sal my verberg in die skuilplek van sy tent;+
Hoog op ’n rots sal hy my plaas.+
6 En nou sal my hoof hoog bo my vyande rondom my wees;+
En ek sal in sy tent offerandes van gejuig offer;+
Ek sal sing en melodieë speel tot Jehovah.+
9 Moet u aangesig nie vir my verberg nie.+
Moet u kneg nie in toorn wegwys nie.+
U moet my hulp word.+
Moet my nie verstoot nie en moet my nie verlaat nie, o my God van redding.+
12 Moet my nie oorgee aan die siel van my teenstanders nie;+
Want valse getuies het teen my opgestaan,+
En hy wat aan geweld uiting gee.+
13 As ek nie geloof gehad het dat ek die goedheid van Jehovah sal sien in die land van die lewendes nie+—!