2 Konings
19 En toe koning Hiskiʹa+ dit hoor, het hy onmiddellik sy klere geskeur+ en hom met saklinne+ bedek en in die huis van Jehovah+ ingegaan. 2 Verder het hy Elʹjakim,+ wat oor die huishouding was, en Sebna,+ die sekretaris, en die ouer manne van die priesters, bedek met saklinne, na die profeet Jesaja,+ die seun van Amos,+ gestuur. 3 En hulle het vir hom gesê: “Só het Hiskiʹa gesê: ‘Vandag is ’n dag van benoudheid+ en van bestrawwing+ en van minagtende vermetelheid;+ want die kinders het tot by die baarmoedermond gekom,+ en daar is geen krag om geboorte te gee nie.+ 4 Miskien sal Jehovah u God al die woorde hoor+ van Rabʹsake, wat deur die koning van Assiʹrië, sy heer, gestuur is om die lewende God uit te tart,+ en sal hy van hom rekenskap eis vir die woorde wat Jehovah u God gehoor het.+ En u moet ’n gebed+ opstuur vir die oorblyfsel+ wat nog gevind kan word.’”
5 En die knegte van koning Hiskiʹa het by Jesaja gekom.+ 6 Toe het Jesaja vir hulle gesê: “Só moet julle vir julle heer sê: ‘Só het Jehovah gesê:+ “Moenie bang wees+ weens die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assiʹrië my gesmaad het nie.+ 7 Kyk, ek plaas ’n gees+ in hom, en hy sal ’n berig hoor+ en na sy eie land terugkeer; en ek sal hom beslis in sy eie land deur die swaard laat val.”’”+
8 Daarna het Rabʹsake+ teruggekeer en die koning van Assiʹrië gevind waar hy teen Libna+ veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis+ af weggetrek het. 9 Hy het gehoor dat daar van Tirhaʹka, die koning van Etiopië, gesê word: “Kyk, hy het uitgetrek om teen u te veg.” Daarom het hy weer boodskappers+ na Hiskiʹa toe gestuur en gesê: 10 “Só moet julle vir Hiskiʹa, die koning van Juda, sê: ‘Moenie dat jou God op wie jy vertrou, jou bedrieg nie+ deur te sê: “Jerusalem+ sal nie in die hand van die koning van Assiʹrië gegee word nie.”+ 11 Kyk! Jy het gehoor wat die konings van Assiʹrië met al die lande gedoen het deur hulle aan vernietiging oor te gee;+ en sal jy verlos word?+ 12 Het die gode+ van die nasies wat deur my voorvaders verdelg is, hulle verlos, ja, Gosan+ en Haran+ en Resef en die kinders van Eden+ wat in Tel-Assar was?+ 13 Waar is hy—die koning van Hamat+ en die koning van Arpad+ en die koning van die stede Sefarwaʹim, Hena en Iwwa?’”+
14 Toe het Hiskiʹa die briewe uit die hand van die boodskappers geneem en dit gelees,+ waarna Hiskiʹa na die huis van Jehovah opgegaan en dit voor Jehovah uitgesprei het.+ 15 En Hiskiʹa het voor Jehovah begin bid+ en gesê: “O Jehovah, die God van Israel,+ wat op die gerubs sit,+ u alleen is die ware God van al die koninkryke+ van die aarde.+ U het die hemel+ en die aarde+ gemaak. 16 Neig u oor, o Jehovah, en hoor.+ Open u oë,+ o Jehovah, en sien, en hoor die woorde van Sanʹherib wat hy gestuur het om die lewende God uit te tart.+ 17 Dit is waar, o Jehovah, die konings van Assiʹrië het die nasies en hulle land verwoes.+ 18 En hulle het hulle gode aan die vuur oorgegee, omdat hulle geen gode was nie,+ maar die werk van mensehande,+ hout en klip; sodat hulle hulle vernietig het. 19 En nou, o Jehovah ons God,+ red ons+ asseblief uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat u, o Jehovah, alleen God is.”+
20 En Jesaja, die seun van Amos, het na Hiskiʹa gestuur en gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê:+ ‘Die gebed+ wat jy oor Sanʹherib, die koning van Assiʹrië, tot my gerig het, het ek gehoor.+ 21 Dít is die woord wat Jehovah teen hom gespreek het:
22 Wie het jy uitgetart+ en gesmaad?+
En teen wie het jy jou stem verhef+
En slaan jy jou oë omhoog?+
Teen die Heilige van Israel!+
23 Deur middel van jou boodskappers+ het jy Jehovah uitgetart, en jy sê:+
‘Met die menigte van my strydwaens sal ek+—
Sal ek beslis die hoogte van bergstreke bestyg,+
Die mees afgeleë dele van die Liʹbanon;+
En ek sal sy hoë seders+ afkap, sy beste jenewerbome.+
En ek sal sy laaste verblyfplek binnedring, die woud van sy boord.+
24 Ek sal beslis grawe en vreemde waters drink,
En ek sal met my voetsole al die Nylkanale van Egipte laat opdroog.’+
25 Het jy nie gehoor nie?+ Sedert vervloë tye is dit wat ek sal doen.+
Sedert dae van weleer het ek selfs daaraan vorm gegee.+
Nou sal ek dit laat kom.+
En jy sal versterkte stede tot puinhope verwoes.+
26 En hulle inwoners se hande sal slap wees;+
Hulle sal eenvoudig verskrik wees en sal beskaamd staan.+
Hulle sal word soos plante van die veld en groen, jong gras,+
Soos gras op die dakke,+ wanneer dit voor die oostewind verskroei word.+
27 En jou stilsit en jou uitgaan+ en jou ingaan ken ek goed,+
En dat jy jou vir my vererg,+
28 Want die feit dat jy jou vir my vererg+ asook jou gebrul het in my ore opgekom.+
En ek sal beslis my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe,+
En ek sal jou inderdaad teruglei op die pad waarmee jy gekom het.”+
29 “‘En dít sal vir jou die teken wees:+ Vanjaar sal geëet word wat opslaan van korrels wat geval het,+ en in die tweede jaar graan wat vanself opkom; maar in die derde jaar moet julle saad saai+ en oes en wingerde plant en die vrugte daarvan eet.+ 30 En dié van die huis van Juda wat ontkom, dié wat oorbly,+ sal beslis wortelskiet ondertoe en vrugte voortbring boontoe.+ 31 Want uit Jerusalem sal ’n oorblyfsel uitgaan,+ en van die berg Sion af dié wat ontkom.+ Die ywer+ van Jehovah van die leërs sal dit doen.
32 “‘Daarom, só het Jehovah oor die koning van Assiʹrië gesê:+ “Hy sal nie in hierdie stad inkom nie,+ en ook sal hy nie ’n pyl daarin skiet+ of met ’n skild daarteen kom of ’n beleëringskans daarteen opwerp+ nie. 33 Met die pad waarmee hy gekom het, sal hy terugkeer, en in hierdie stad sal hy nie inkom nie, is die woord van Jehovah.+ 34 En ek sal hierdie stad beslis verdedig+ om dit ter wille van my+ en ter wille van my kneg Dawid+ te red.”’”
35 En in dié nag het die engel van Jehovah uitgetrek en honderd-vyf-en-tagtigduisend in die kamp+ van die Assiriërs doodgemaak.+ Toe mense die oggend vroeg opstaan, kyk, toe was hulle almal lyke.+ 36 Daarom het Sanʹherib,+ die koning van Assiʹrië, weggetrek en gegaan en teruggekeer,+ en hy het in Niʹneve+ gaan woon. 37 En toe hy hom in die huis van sy god+ Nisrog+ neerbuig, het sy seuns Adrammeʹleg en Sareʹser hom met die swaard doodgemaak,+ en hulle het na die land Aʹrarat+ gevlug. En sy seun Esar-Haddon+ het in sy plek begin regeer.