Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Petrus 2
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 2 Petrus

      • Valse onderrigters sal verskyn (1-3)

      • Valse onderrigters sal geoordeel word (4-10a)

        • Engele in Tartarus gegooi (4)

        • Vloed; Sodom en Gomorra (5-7)

      • Kenmerke van valse onderrigters (10b-22)

2 Petrus 2:1

Kruisverwysings

  • +Mt 24:24; 1Ti 4:1
  • +1Kor 6:20

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/7/15, bl. 15-16

    2006/3/1, bl. 6

    2004/9/1, bl. 15

2 Petrus 2:2

Voetnote

  • *

    Of “dade van skaamtelose gedrag”. Meervoud van die Griekse woord a·selʹgei·a. Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Jud 4
  • +Jes 52:5

2 Petrus 2:3

Kruisverwysings

  • +Jud 4
  • +2Pe 3:9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2011/7/15, bl. 15-16

    2004/9/1, bl. 15

2 Petrus 2:4

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

  • *

    Of moontlik “putte”.

Kruisverwysings

  • +Ge 6:4; Ef 6:12
  • +1Pe 3:19, 20
  • +Jud 6

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/11/15, bl. 22

    2006/1/15, bl. 7

    2003/12/15, bl. 28

2 Petrus 2:5

Kruisverwysings

  • +Ge 7:23
  • +Ge 6:9; Heb 11:7
  • +Ge 8:18
  • +2Pe 3:6

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2017/1, bl. 9

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2016/10, bl. 27-28

    Die Wagtoring,

    2013/4/1, bl. 14

    2008/6/1, bl. 6

    2003/12/15, bl. 18

    2003/10/1, bl. 20-21

    2001/11/15, bl. 30

    Volg hulle geloof na, bl. 20

2 Petrus 2:6

Kruisverwysings

  • +Ge 19:24, 25
  • +Jud 7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2003/10/1, bl. 20-21

2 Petrus 2:7

Voetnote

  • *

    Grieks: a·selʹgei·a. Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Ge 19:15, 16

2 Petrus 2:8

Voetnote

  • *

    Sien Woordelys.

2 Petrus 2:9

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. A5.

Kruisverwysings

  • +Ps 34:19; 1Kor 10:13; 2Ti 4:18; Op 3:10
  • +Ro 2:5; 2Pe 3:7

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2012/4/15, bl. 22-26

2 Petrus 2:10

Voetnote

  • *

    Lett. “vlees”.

Kruisverwysings

  • +Jud 7
  • +Eks 22:28; Jud 8

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2008/11/15, bl. 22

    2000/6/15, bl. 16

2 Petrus 2:11

Voetnote

  • *

    Sien Aanh. A5.

Kruisverwysings

  • +Jud 9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2009/5/15, bl. 23

    2000/6/15, bl. 16

    Ontwaak!,

    2003/6/8, bl. 20

2 Petrus 2:12

Kruisverwysings

  • +Jud 10

2 Petrus 2:13

Kruisverwysings

  • +Ro 13:13
  • +Jud 12

2 Petrus 2:14

Kruisverwysings

  • +Mt 5:28

2 Petrus 2:15

Kruisverwysings

  • +Nu 22:5, 6; Jud 11; Op 2:14
  • +Nu 22:7; Ne 13:2

2 Petrus 2:16

Kruisverwysings

  • +Nu 22:31, 34; 31:8
  • +Nu 22:28

2 Petrus 2:17

Kruisverwysings

  • +Jud 12, 13

2 Petrus 2:18

Voetnote

  • *

    Of “dade van skaamtelose gedrag”. Meervoud van die Griekse woord a·selʹgei·a. Sien Woordelys.

Kruisverwysings

  • +Jud 16
  • +2Pe 2:14

2 Petrus 2:19

Voetnote

  • *

    Of “iets”.

Kruisverwysings

  • +1Pe 2:16
  • +Ro 6:16

2 Petrus 2:20

Kruisverwysings

  • +2Pe 1:4
  • +Heb 6:4-6; 10:26

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2006/3/15, bl. 31

2 Petrus 2:21

Kruisverwysings

  • +Lu 12:47; Joh 15:22

2 Petrus 2:22

Kruisverwysings

  • +Spr 26:11

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

2 Pet. 2:1Mt 24:24; 1Ti 4:1
2 Pet. 2:11Kor 6:20
2 Pet. 2:2Jud 4
2 Pet. 2:2Jes 52:5
2 Pet. 2:3Jud 4
2 Pet. 2:32Pe 3:9
2 Pet. 2:4Ge 6:4; Ef 6:12
2 Pet. 2:41Pe 3:19, 20
2 Pet. 2:4Jud 6
2 Pet. 2:5Ge 7:23
2 Pet. 2:5Ge 6:9; Heb 11:7
2 Pet. 2:5Ge 8:18
2 Pet. 2:52Pe 3:6
2 Pet. 2:6Ge 19:24, 25
2 Pet. 2:6Jud 7
2 Pet. 2:7Ge 19:15, 16
2 Pet. 2:9Ps 34:19; 1Kor 10:13; 2Ti 4:18; Op 3:10
2 Pet. 2:9Ro 2:5; 2Pe 3:7
2 Pet. 2:10Jud 7
2 Pet. 2:10Eks 22:28; Jud 8
2 Pet. 2:11Jud 9
2 Pet. 2:12Jud 10
2 Pet. 2:13Ro 13:13
2 Pet. 2:13Jud 12
2 Pet. 2:14Mt 5:28
2 Pet. 2:15Nu 22:5, 6; Jud 11; Op 2:14
2 Pet. 2:15Nu 22:7; Ne 13:2
2 Pet. 2:16Nu 22:31, 34; 31:8
2 Pet. 2:16Nu 22:28
2 Pet. 2:17Jud 12, 13
2 Pet. 2:18Jud 16
2 Pet. 2:182Pe 2:14
2 Pet. 2:191Pe 2:16
2 Pet. 2:19Ro 6:16
2 Pet. 2:202Pe 1:4
2 Pet. 2:20Heb 6:4-6; 10:26
2 Pet. 2:21Lu 12:47; Joh 15:22
2 Pet. 2:22Spr 26:11
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
  • 17
  • 18
  • 19
  • 20
  • 21
  • 22
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
2 Petrus 2:1-22

Die tweede brief van Petrus

2 Daar was egter ook valse profete onder die volk, en net so sal daar valse onderrigters onder julle wees.+ Hulle sal stilletjies skadelike sektes inbring en sal selfs die eienaar verwerp wat hulle gekoop het.+ As gevolg hiervan sal hulle vinnig vernietig word. 2 Verder sal baie hulle skaamtelose gedrag*+ navolg, en weens hulle sal mense sleg praat van die weg van die waarheid.+ 3 Hulle sal julle ook gierig uitbuit met valse woorde. Maar hulle oordeel, waarop daar lank gelede besluit is,+ kom vinnig nader, en hulle vernietiging sal beslis kom.+

4 God het selfs die engele wat gesondig het,+ nie gespaar nie, maar hy het hulle gestraf deur hulle in Tarʹtarus*+ te gooi en hulle in kettings* van digte duisternis te sit om hulle vir die oordeel te bewaar.+ 5 Hy het ook nie die wêreld van lank gelede gespaar nie,+ maar hy het Noag, ’n prediker van regverdigheid,+ saam met sewe ander veilig bewaar+ toe hy ’n vloed oor ’n wêreld van goddelose mense gebring het.+ 6 En hy het die stede Sodom en Gomorʹra veroordeel+ deur hulle tot as te verbrand, en daardeur het hy vir goddelose mense ’n voorbeeld gegee van wat sou kom.+ 7 Maar hy het die regverdige Lot verlos,+ wat baie ontsteld was oor die skaamtelose gedrag* van die wettelose mense, 8 want daardie regverdige man se regverdige siel* is dag ná dag gepynig deur die wettelose dinge wat hy gesien en gehoor het terwyl hy tussen hulle gewoon het. 9 Jehovah* weet dus hoe om mense wat hom met toegewydheid dien, uit moeilike omstandighede te red.+ Maar hy bewaar onregverdige mense om vernietig te word op die dag van die oordeel,+ 10 veral dié wat die liggame* van ander onrein wil maak+ en wat neersien op gesag.+

Hulle is uitdagend en arrogant en is nie bang om sleg te praat van dié wat eer verdien nie, 11 terwyl engele, al is hulle sterker en kragtiger, hulle nie met beledigende woorde beskuldig nie, uit respek vir Jehovah.*+ 12 Maar hierdie mense is soos verstandelose diere wat instinktief optree en gebore word om gevang en vernietig te word, en hulle praat beledigend oor dinge waarvan hulle niks weet nie.+ Hulle sal vernietig word as gevolg van hulle eie slegte gedrag, 13 en hulle sal skade ly as ’n beloning vir hulle eie skadelike gedrag.

Hulle geniet dit om hulle oor te gee aan allerhande uitspattige dinge,+ selfs gedurende die dag. Hulle is soos vlekke en merke, en hulle verlustig hulle in bedrieglike leringe terwyl hulle saam met julle feesvier.+ 14 Hulle oë is vol egbreuk+ en kan nie ophou sondig nie, en hulle mislei dié wie se geloof nie sterk is nie. Hulle het ’n hart wat vol gierigheid is. Hulle is vervloekte kinders. 15 Omdat hulle van die reguit pad afgedwaal het, is hulle mislei. Hulle het dieselfde pad gevolg as Biʹleam,+ die seun van Beor, wat lief was vir die beloning van slegte dade,+ 16 maar hy is tereggewys vir sy eie oortreding.+ ’n Stom donkie wat met die stem van ’n mens gepraat het, het probeer keer dat die profeet iets dwaas doen.+

17 Hulle is fonteine sonder water en miswolke wat deur ’n hewige storm aangewaai word, en die donkerste duisternis is vir hulle bewaar.+ 18 Want hulle sê dinge wat indrukwekkend klink maar niks beteken nie. En hulle bevorder vleeslike begeertes+ en skaamtelose gedrag,* waardeur hulle mense mislei wat onlangs gevlug het van dié wat ’n sondige lewe lei.+ 19 Terwyl hierdie persone vryheid aan hulle belowe, is hulle self slawe van sonde.+ Want elkeen wat deur iemand* anders oorwin word, word sy slaaf.+ 20 Ja, as hulle akkurate kennis van die Here en Redder Jesus Christus verkry het en as gevolg daarvan gevlug het van die dinge van die wêreld wat ’n mens onrein maak,+ maar dan weer daarby betrokke raak en daardeur oorweldig word, het hulle laaste toestand erger geword as die eerste.+ 21 Dit sou vir hulle beter gewees het om nie akkurate kennis van die weg van regverdigheid te hê nie as om dit te hê maar dan weg te draai van die heilige gebod wat hulle ontvang het.+ 22 Wat met hulle gebeur het, bewys die waarheid van die spreekwoord wat sê: “Die hond het teruggekeer na wat hy opgegooi het, en die vark wat gewas is, het weer in die modder gaan rol.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel