-
Deuteronomium 31:17Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
17 Dan sal my toorn op dié dag inderdaad teen hulle ontvlam,+ en ek sal hulle beslis verlaat+ en my aangesig vir hulle verberg,+ en hulle sal iets word wat verteer moet word; en baie rampspoede en benoudhede sal oor hulle kom,+ en hulle sal sekerlik op dié dag sê: ‘Het hierdie rampspoede nie oor ons gekom omdat ons God nie in ons midde is nie?’+
-
-
Esegiël 39:23Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
23 En die nasies sal moet weet dat hulle, die huis van Israel, weens hulle oortreding in ballingskap gegaan het,+ omdat hulle hulle ontrou teenoor my gedra het, sodat ek my aangesig vir hulle verberg het+ en hulle in die hand van hulle teenstanders gegee het, en hulle almal het deur die swaard bly val.+
-