Deuteronomium
2 My onderrig sal drup soos die reën,+
My woord sal vloei soos die dou,+
Soos sagte reën op die gras+
En soos oorvloedige reënbuie op die plante.+
4 Die Rots, volmaak is sy werk,+
Want al sy weë is geregtigheid.+
’n God van getrouheid,+ by wie daar geen onreg is nie;+
Regverdig en reg is hy.+
5 Hulle het self verderflik gehandel;+
Hulle is nie sy kinders nie, die gebrek lê by hulle.+
’n Verdorwe en verdraaide geslag!+
6 Hou julle aan om so met Jehovah te handel,+
O dwase en onwyse volk?+
Is hy nie jou Vader wat jou voortgebring het nie,+
Hy wat jou gemaak en vastigheid gegee het nie?+
7 Dink aan die dae van die ou tyd,+
LET op die vroeëre jare van geslag tot geslag;
Vra jou vader, en hy kan jou dit vertel;+
Jou ou manne, en hulle kan dit vir jou sê.+
8 Toe die Allerhoogste aan die nasies ’n erfdeel gegee het,+
Toe hy die kinders van Adam van mekaar geskei het,+
Het hy die grens van die volke vasgestel+
Met inagneming van die getal van die kinders van Israel.+
10 Hy het hom in ’n woeste land gevind,+
En in ’n leë, huilende woestyn.+
Hy het hom begin omring,+ vir hom gesorg,+
Om hom te bewaar soos die appel van sy oog.+
11 Net soos ’n arend sy nes opwek,
Oor sy kleintjies sweef,+
Sy vlerke uitsprei, hulle opneem,
Hulle op sy vlerkvere dra,+
12 Het Jehovah alleen hom bly lei,+
En daar was geen vreemde god saam met hom nie.+
13 Hy het hom voortdurend op die aarde se hoogtes laat ry,+
Sodat hy die opbrengs van die veld geëet het.+
En hy het hom voortdurend heuning uit ’n groot rots laat suig,+
En olie uit ’n vuurkliprots;+
14 Botter van die beeste en melk van die kleinvee+
Saam met die vet van ramme,
En skaapramme, die ras van Basan, en bokramme+
Saam met die niervet van koring;+
En druiwebloed het jy as wyn bly drink.+
15 Toe Jesuʹrun+ vet begin word het, het hy geskop.+
Jy het vet geword, jy het dik geword, jy het spekvet geword.+
Daarom het hy God verlaat, wat hom gemaak het,+
En die Rots+ van sy redding verag.
16 Hulle het hom tot jaloesie begin opwek+ met vreemde gode;+
Met verfoeilike dinge het hulle hom aanstoot bly gee.+
17 Hulle het aan demone geoffer, nie aan God nie,+
Gode wat hulle nie geken het nie,+
Nuwes wat kort tevore ingekom het,+
Met wie julle voorvaders nie bekend was nie.
18 Die Rots wat jou vader geword het, het jy vergeet,+
En jy het God uit jou gedagte laat gaan, die Een wat jou met geboortepyne voortgebring het.+
19 Toe Jehovah dit sien, het hy hulle geminag,+
Weens die ergernis wat sy seuns en sy dogters veroorsaak het.
20 Daarom het hy gesê: ‘Laat ek my aangesig vir hulle verberg,+
Laat ek sien wat hulle uiteinde sal wees.
Want hulle is ’n verdorwe geslag,+
Kinders in wie geen getrouheid is nie.+
21 Wat hulle betref, hulle het my tot jaloesie opgewek met wat geen god is nie;+
Hulle het my met hulle nietige afgode getart;+
En wat my betref, ek sal hulle tot jaloesie opwek met wat geen volk is nie;+
Met ’n dwase nasie sal ek hulle aanstoot gee.+
22 Want ’n vuur is aangesteek in my toorn+
En dit sal brand tot in Sjeool, die laagste plek,+
En dit sal die aarde en sy opbrengs verteer+
En die fondamente van berge aan die brand steek.+
24 Uitgeput van die honger+ sal hulle wees en verteer deur brandende koors+
En bittere vernietiging.+
En die tande van diere sal ek teen hulle stuur,+
Met die gif van reptiele van die stof.+
25 Buitenshuis sal ’n swaard hulle beroof,+
En binnenshuis skrik,+
Van jong man sowel as maagd,+
Suigeling saam met grysaard.+
26 Ek sou gesê het: “Ek sal hulle verstrooi,+
Ek sal die vermelding van hulle onder sterflike mense laat ophou”,+
27 As ek nie bang was vir die uittarting van die vyand nie,+
Dat hulle teenstanders dit sou misverstaan,+
Dat hulle sou sê: “Ons hand was sterker,+
En dit was nie Jehovah wat dit alles bewerk het nie.”+
29 Ag, was hulle maar wys!+ Dan sou hulle daaroor peins.+
Hulle sou ag gee op hulle uiteinde.+
30 Hoe kan een mens duisend agtervolg,
En twee tienduisend op die vlug jaag?+
Nie tensy hulle Rots hulle verkoop het+
En Jehovah hulle oorgelewer het nie.
32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok van Sodom
En uit die terrasse van Gomorʹra.+
Hulle druiwe is giftige druiwe,
Hulle trosse is bitter.+
35 Die wraak is myne, en die vergelding.+
Op die vasgestelde tyd sal hulle voet wankel,+
Want die dag van hulle ongeluk is naby,+
En die gebeure wat op hulle wag, kom gou.’+
36 Want Jehovah sal sy volk oordeel+
En hy sal spyt voel oor sy knegte,+
Want hy sal sien dat die ondersteuning verdwyn het
En dat daar net ’n hulpelose en waardelose is.
37 En hy sal beslis sê: ‘Waar is hulle gode,+
Die rots by wie hulle toevlug gesoek het,+
38 Wat die vet van hulle offerandes geëet het,+
Die wyn van hulle drankoffers gedrink het?+
Laat hulle opstaan en julle help.+
Laat hulle ’n skuilplek vir julle word.+
39 SIEN nou dat ek—ja ek—hy is+
En dat daar geen gode naas my is nie.+
Ek maak dood en ek maak lewend.+
Ek het ernstig gewond+ en ek—ek sal genees,+
En daar is niemand wat uit my hand ruk nie.+
40 Want ek hef my hand in ’n eed op na die hemel,+
En ek sê: “So waar as ek tot onbepaalde tyd lewe”,+
41 As ek my glinsterende swaard inderdaad skerp maak,+
En my hand die oordeel vasgryp,+
Sal ek wraak op my teenstanders uitoefen+
En vergelding bring oor dié wat my intens haat.+
42 Ek sal my pyle dronk maak van bloed,+
Terwyl my swaard vlees sal eet,+
Van die bloed van die gesneuweldes en die gevangenes,
Van die koppe van die leiers van die vyand.’+
43 Wees bly, o nasies, saam met sy volk,+
Want hy sal die bloed van sy knegte wreek,+
En hy sal wraak op sy teenstanders uitoefen+
En sal inderdaad versoening doen vir die land van sy volk.”
44 So het Moses gekom en al die woorde van hierdie lied ten aanhore van die volk gespreek,+ hy en Hoseʹa, die seun van Nun.+ 45 Nadat Moses al hierdie woorde klaar met die hele Israel gespreek het, 46 het hy verder vir hulle gesê: “Rig julle hart op al die woorde wat ek vandag as waarskuwing tot julle spreek,+ sodat julle julle kinders kan beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig uit te voer.+ 47 Want dit is geen waardelose woord vir julle nie,+ maar dit beteken julle lewe,+ en deur hierdie woord kan julle julle dae verleng in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.”+
48 En Jehovah het op daardie selfde dag met Moses gepraat en gesê: 49 “Klim op teen hierdie Abaʹrimgebergte,+ die berg Nebo,+ wat in die land Moab is, wat op Jeʹrigo uitkyk, en sien die land Kanaän, wat ek aan die kinders van Israel as ’n besitting gee.+ 50 Sterf dan op die berg waarteen jy opklim, en word tot jou volk versamel,+ net soos jou broer Aäron op die berg Hor gesterf het+ en tot sy volk versamel is; 51 omdat julle troueloos teenoor my opgetree het+ onder die kinders van Israel by die waters van Meʹriba+ by Kades, in die wildernis Zin; omdat julle my nie onder die kinders van Israel geheilig het nie.+ 52 Want jy sal die land van ver af sien, maar jy sal nie daar ingaan, in die land wat ek aan die kinders van Israel gee nie.”+