Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 2 Konings 17:13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Jehovah het Israel en Juda bly waarsku deur middel van al sy profete en al die sieners+ en gesê: “Draai om en los julle slegte weë!+ Gehoorsaam my gebooie en my wetsbepalings – alles in die wet wat ek julle voorvaders beveel het om te gehoorsaam en wat ek deur middel van my knegte, die profete, aan julle gestuur het.”

  • Jesaja 55:7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    •  7 Laat die goddelose sy weg verlaat,+

      en die slegte mens sy gedagtes.

      Laat hom na Jehovah terugkeer, wat genade aan hom sal betoon,+

      na ons God, want hy sal ryklik* vergewe.+

  • Jeremia 18:11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 11 “Sê nou asseblief vir die manne van Juda en vir die inwoners van Jerusalem: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Kyk, ek is besig om rampspoed voor te berei* en iets slegs teen julle uit te dink. Hou asseblief op om slegte dinge te doen, en verander julle weë en julle gebruike.”’”+

  • Jeremia 35:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 En ek het al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur. Ek het hulle keer op keer gestuur*+ en gesê: ‘Keer asseblief terug van julle goddelose weë,+ elkeen van julle, en doen wat reg is! Moenie agter ander gode aanloop en hulle dien nie. Dan sal julle bly woon in die land wat ek aan julle en aan julle voorvaders gegee het.’+ Maar julle het nie aandag geskenk of na my geluister nie.

  • Esegiël 18:30
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 30 “‘Daarom sal ek elkeen van julle volgens sy dade oordeel,+ o huis van Israel,’ sê die Soewereine Heer Jehovah. ‘Hou op, ja, hou heeltemal op met julle verkeerde dade sodat hulle nie ’n struikelblok sal wees wat skuld oor julle bring nie.

  • Esegiël 33:11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 11 Sê vir hulle: ‘“So waar as wat ek lewe,” sê die Soewereine Heer Jehovah, “dit is nie die dood van die goddeloses wat my vreugde gee nie.+ Dit is eerder wanneer iemand wat goddeloos is, van sy verkeerde dade+ wegdraai en bly lewe.+ Draai weg, draai weg van julle slegte dade,+ want waarom moet julle sterf, huis van Israel?”’+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel