Die tweede boek van Konings
23 Die koning het toe al die ouermanne van Juda en Jerusalem laat roep.+ 2 Daarna het die koning na die huis van Jehovah gegaan saam met al die manne van Juda, al die inwoners van Jerusalem, die priesters en die profete – die hele volk, van klein tot groot. Hy het al die woorde van die boek+ van die verbond+ wat in die huis van Jehovah gevind is, vir hulle voorgelees.+ 3 Die koning het by die pilaar gestaan en ’n verbond voor Jehovah gemaak.*+ Hy het belowe om Jehovah te volg en sy gebooie, sy herinneringe en sy wetsbepalings met sy hele hart en met sy hele siel* te gehoorsaam deur die woorde van hierdie verbond wat in die boek geskryf is, uit te voer. En die hele volk het die verbond aanvaar.+
4 Die koning het die hoëpriester Hilkiʹa,+ die ander priesters en die deurwagters beveel om al die voorwerpe wat vir Baäl, vir die heilige paal*+ en vir die hele leërmag van die hemel gemaak is, uit die tempel van Jehovah te neem. Toe het hy dit buite Jerusalem op die terrasse van Kidron verbrand, en hy het die as daarvan na Bet-El geneem.+ 5 Hy het ’n einde gemaak aan die bedrywighede van die priesters van vreemde gode, wat deur die konings van Juda aangestel is om offerrook te laat opgaan op die offerhoogtes in die stede van Juda en die omgewing van Jerusalem. Hy het ook almal verwyder wat vir Baäl, vir die son, vir die maan, vir die sterrebeelde van die diereriem en vir die hele leërmag van die hemel offerrook laat opgaan het.+ 6 Hy het die heilige paal*+ uit die huis van Jehovah na die buitewyke van Jerusalem geneem, na die Kidron-vallei. Hy het dit in die Kidron-vallei verbrand+ en dit fyngemaal en die stof oor die grafte van die gewone mense gestrooi.+ 7 Hy het ook die huise van die manlike tempelprostitute+ afgebreek wat in die huis van Jehovah was, waar die vrouens tente geweef het wat as heiligdomme vir die heilige paal* gedien het.
8 Toe het hy al die priesters uit die stede van Juda laat kom, en hy het die offerhoogtes van Geba+ af tot by Berseʹba+ waar die priesters offerrook laat opgaan het, ongeskik vir aanbidding gemaak. Hy het ook die offerhoogtes van die poorte afgebreek wat by die ingang was van die poort van Josua, die stadshoof. Dit was aan die linkerkant as ’n mens by die stadspoort ingegaan het. 9 Die priesters van die offerhoogtes het nie by die altaar van Jehovah in Jerusalem gedien nie,+ maar hulle het wel ongesuurde brood saam met hulle broers geëet. 10 Hy het Tofet,+ wat in die Vallei van die Seuns van Hinnom*+ was, ook ongeskik vir aanbidding gemaak, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molog as ’n offerande in die vuur kon verbrand* nie.+ 11 En hy het beveel dat die perde wat deur die konings van Juda aan die son gewy* is, nie meer deur die kamer* van Natan-Meleg die hofbeampte, wat in die pilaargang was, by die huis van Jehovah mag ingaan nie. En hy het die strydwaens van die son+ verbrand. 12 Die koning het ook die altare afgebreek wat die konings van Juda op die dak+ van die bo-kamer van Agas opgerig het, sowel as die altare wat Manasʹse in twee voorhowe van die huis van Jehovah opgerig het.+ Hy het dit fyngemaal en die stof daarvan in die Kidron-vallei gegooi. 13 Die koning het die offerhoogtes wat voor Jerusalem en suid* van die Berg van Verwoesting* was, ongeskik vir aanbidding gemaak. Dit was die offerhoogtes wat Salomo, die koning van Israel, gebou het vir Astoʹret, die walglike godin van die Sidoniërs, vir Kamos, die walglike god van Moab, en vir Milkom,+ die afskuwelike god van die Ammoniete.+ 14 Hy het die heilige pilare in stukke gebreek en die heilige pale* afgekap,+ en hy het die plekke waar hulle was, met beendere van mense gevul. 15 Hy het ook die altaar in Bet-El en die offerhoogte wat Jeroʹbeam, die seun van Nebat, gemaak het en wat Israel laat sondig het,+ afgebreek. Nadat hy daardie altaar en die offerhoogte afgebreek het, het hy die offerhoogte verbrand, dit fyngemaal en die heilige paal* verbrand.+
16 Toe Josiʹa omdraai en die grafte op die berg sien, het hy die beendere uit die grafte laat haal en dit op die altaar verbrand. So het hy die altaar ongeskik vir aanbidding gemaak, net soos Jehovah gesê het deur middel van die man van die ware God, wat voorspel het dat hierdie dinge sou gebeur.+ 17 Toe het hy gevra: “Wie se grafsteen is dit wat ek daar sien?” Die manne van die stad het vir hom gesê: “Dit is die graf van die man van die ware God wat uit Juda gekom het+ en wat die dinge voorspel het wat u met die altaar van Bet-El gedoen het.” 18 Hy het toe gesê: “Los hom. Laat niemand aan sy beendere raak nie.” Daarom het hulle nie sy beendere of die beendere van die profeet van Samariʹa+ versteur nie.
19 Josiʹa het ook al die huise van aanbidding verwyder wat op die offerhoogtes in die stede van Samariʹa+ was, wat die konings van Israel gebou het en wat God aanstoot gegee het. Hy het dieselfde met hulle gedoen as wat hy in Bet-El gedoen het.+ 20 Hy het toe al die priesters van die offerhoogtes wat daar was, op die altare geoffer en hy het beendere van mense daarop verbrand.+ Daarna het hy na Jerusalem teruggekeer.
21 Die koning het toe vir die hele volk hierdie bevel gegee: “Hou ’n Pasga+ vir Jehovah julle God, volgens wat in hierdie boek van die verbond geskryf staan.”+ 22 So ’n Pasga is nie gehou van die tyd af dat die rigters Israel gerig het nie, en ook nie in die tyd van die konings van Israel en die konings van Juda nie.+ 23 Maar in die 18de jaar van koning Josiʹa is hierdie Pasga vir Jehovah in Jerusalem gehou.
24 Josiʹa het ook ontslae geraak van almal wat geeste oproep,* sowel as die fortuinvertellers,+ die terafim-beelde,*+ die walglike afgode* en al die walglike dinge wat in die land van Juda en in Jerusalem was. So het hy die woorde van die Wet+ uitgevoer wat geskryf is in die boek wat die priester Hilkiʹa in die huis van Jehovah gevind het.+ 25 Voor hom was daar geen koning soos hy, wat met sy hele hart en met sy hele siel*+ en met al sy krag, volgens die hele Wet van Moses, na Jehovah teruggekeer het nie, en ook ná hom was daar geen koning soos hy nie.
26 Maar Jehovah was nog steeds woedend vir Juda as gevolg van al die verskriklike dinge wat Manasʹse gedoen het en wat Hom aanstoot gegee het.+ 27 Jehovah het gesê: “Ek sal Juda voor my verwyder,+ net soos ek Israel verwyder het.+ En ek sal Jerusalem, die stad wat ek uitgekies het, verwerp, asook die huis waarvan ek gesê het: ‘My naam sal daar bly.’”+
28 Die res van die geskiedenis van Josiʹa en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Juda. 29 In sy dae het farao Nego, die koning van Egipte, na die koning van Assiʹrië by die Eufraatrivier gegaan, en koning Josiʹa het teen hom gaan veg. Maar toe Nego hom sien, het hy hom by Megidʹdo doodgemaak.+ 30 Daarna het sy knegte sy lyk in ’n strydwa van Megidʹdo na Jerusalem geneem en hom in sy graf begrawe. Toe het die volk Joʹahas, die seun van Josiʹa, gesalf en hom in die plek van sy pa koning gemaak.+
31 Joʹahas+ was 23 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Hamuʹtal,+ die dogter van Jeremia, uit Libna. 32 Hy het begin doen wat sleg is in Jehovah se oë, net soos sy voorvaders gedoen het.+ 33 Farao Nego+ het hom in Ribla,+ in die land Hamat, opgesluit sodat hy nie in Jerusalem kon regeer nie, en toe het hy die land ’n boete opgelê van 100 talente* silwer en ’n talent goud.+ 34 En Farao Nego het Josiʹa se seun Eljaʹkim in die plek van sy pa, Josiʹa, koning gemaak en sy naam na Jojaʹkim verander. Maar hy het Joʹahas na Egipte geneem,+ waar hy uiteindelik gesterf het.+ 35 Jojaʹkim het die silwer en die goud aan Farao gegee, maar hy moes die mense van die land belasting laat betaal om vir Farao die silwer te gee wat hy geëis het. Jojaʹkim het ’n vasgestelde hoeveelheid silwer en goud van elke persoon in die land geëis sodat hy farao Nego kon betaal.
36 Jojaʹkim+ was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 11 jaar lank in Jerusalem regeer.+ Sy ma was Sebiʹda, die dogter van Pedaʹja, uit Ruma. 37 Hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë,+ net soos sy voorvaders gedoen het.+