Jesaja
10 Dit sal sleg gaan met dié wat skadelike wette maak,+
wat heeltyd onderdrukkende gebooie maak
2 om te keer dat die armes se regsaak verhoor word
en dat die hulpeloses onder my volk geregtigheid kry.+
4 Al wat oorbly, is om saam met die gevangenes neer te buig
of om doodgemaak te word.
Weens alles wat hulle gedoen het, het sy woede nie bedaar nie,
maar sy hand is nog steeds uitgesteek om hulle te straf.+
Ek sal die staf in sy hand gebruik om te straf!
Ek sal hom beveel om baie buit te neem en hulle te stroop
en om hulle soos modder in die strate te vertrap.+
7 Maar hy sal ander idees hê,
en hy sal ander planne beraam,
want dit is in sy hart om te vernietig,
om baie nasies uit te roei, nie net ’n paar nie.
8 Want hy sê:
‘Is my leiers nie almal konings nie?+
9 Is Kalno+ nie net soos Karʹkemis+ nie?
Is Hamat+ nie soos Arpad+ nie?
Is Samariʹa+ nie soos Damaskus+ nie?
10 Ek het die koninkryke van waardelose gode verower,
en hulle het meer afgodsbeelde gehad as Jerusalem en Samariʹa!+
11 Sal ek nie aan Jerusalem en haar afgode doen
wat ek aan Samariʹa en haar waardelose gode+ gedoen het nie?’
12 “Wanneer Jehovah al sy werk op die berg Sion en in Jerusalem voltooi het, sal Hy die koning van Assiʹrië straf vir sy skaamteloosheid en sy trots en hoogmoed.+ 13 Want hy sê:
‘Ek sal dit in my eie krag doen
en met my wysheid, want ek is wys.
Ek sal die grense van volke verwyder+
en hulle skatte stroop,+
en soos ’n magtige sal ek hulle inwoners onderwerp.+
14 Soos ’n man wat sy hand in ’n nes steek,
sal ek die rykdom van die volke afvat.
En soos ’n man eiers bymekaarmaak wat nie bewaak word nie,
sal ek die hele aarde bymekaarmaak!
Nie een sal sy vlerke klap of sy bek oopmaak of piep nie.’”
15 Kan die byl dink dat hy belangriker is as die een wat met hom kap?
Kan die saag dink dat hy belangriker is as die een wat met hom saag?
Kan ’n staf+ die een wat hom oplig, heen en weer beweeg?
Of kan ’n stok die een oplig wat nie van hout gemaak is nie?
16 Daarom sal die ware Heer, Jehovah van die leërmagte,
sy sterk manne laat uitteer,+
en Hy sal ’n groot vuur aansteek+ wat sy prag en praal vernietig.
Dit sal opvlam en in een dag sy onkruid en sy doringbosse verteer.
18 Hy sal die prag van sy woud en sy vrugteboord heeltemal* vernietig.
Dit sal wees soos wanneer ’n siek man wegteer.+
19 Die bome wat in sy woud oorbly,
sal so min wees dat ’n seuntjie hulle sal kan tel.
20 In daardie dag sal die oorblywendes van Israel
en die oorlewendes van die huis van Jakob,
nie meer staatmaak op die een wat hulle geslaan het nie,+
maar hulle sal met getrouheid op Jehovah,
die Heilige van Israel, vertrou.
22 Want al is jou volk
soos die sandkorrels van die see, o Israel,
sal net ’n oorblyfsel van hulle terugkeer.+
23 Ja, die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte, se besluit om te vernietig,
sal in die hele land uitgevoer word.+
24 Daarom sê die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte: “O my volk wat in Sion woon, moenie bang wees vir die Assiriër wat jou met die stok geslaan het+ en wat sy staf teen jou opgelig het soos Egipte gedoen het nie.+ 25 Want die veroordeling sal binnekort tot ’n einde kom. Ek sal my woede teen hulle rig en hulle vernietig.+ 26 Jehovah van die leërmagte sal hom met ’n sweep slaan,+ soos toe hy Miʹdian by die rots Oreb verslaan het.+ Hy sal sy staf oor die see uitsteek en dit oplig soos hy in die geval van Egipte gedoen het.+
27 In daardie dag sal sy vrag van jou skouer afgly,+
en sy juk van jou nek,+
en die juk sal gebreek word+ weens die olie.”
Hy het deur Migron getrek.
By Migmas+ het hy sy goed agtergelaat.
29 Hulle het deur die drif getrek.
Hulle het by Geba+ oornag.
Rama het gebewe, Giʹbea+ van Saul het gevlug.+
30 Roep uit en gil, dogter van Gallim!
Skenk aandag, Lajesa!
Arme Aʹnatot!+
31 Madmeʹna het gevlug.
Die inwoners van Gebim het skuiling gesoek.
32 Vandag nog sal hy in Nob+ rus.
Hy swaai sy vuis dreigend na die berg van die dogter van Sion,
die heuwel van Jerusalem.
Die hoogste bome word afgekap,
en die grotes sal val.
34 Hy kap die digte bosse in die woud met ’n byl af,
en ’n magtige sal die bome van die Liʹbanon-berge laat val.