Jesaja
55 Kom, almal wat dors is!+ Kom na die water.+
Julle wat nie geld het nie, kom, koop en eet!
Ja, kom, koop wyn en melk+ sonder geld. Dit kos niks.+
2 Hoekom bly julle geld betaal vir wat nie brood is nie,
en hoekom spandeer julle julle inkomste* op iets wat nie versadig nie?
3 Skenk aandag en kom na my toe.+
Luister, en julle sal bly lewe,
en ek sal ’n ewige verbond met julle maak,+
in ooreenstemming met die lojale liefde wat ek aan Dawid belowe het. Hierdie belofte is betroubaar.+
5 Jy sal ’n nasie roep wat jy nie ken nie,
en mense van ’n nasie wat jou nie geken het nie, sal na jou toe hardloop
ter wille van Jehovah jou God,+ die Heilige van Israel,
omdat hy jou sal verheerlik.+
6 Soek Jehovah terwyl hy gevind kan word.+
Roep hom aan terwyl hy naby is.+
Laat hom na Jehovah terugkeer, wat genade aan hom sal betoon,+
9 “Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my weë hoër as julle weë,
en my gedagtes as julle gedagtes.+
10 Want net soos die reën en die sneeu uit die hemel val
en nie daarheen terugkeer voordat dit die aarde natgemaak het nie, sodat plante groei en vrug dra
en sodat daar saad is om te saai en brood is om te eet,
Dit sal nie sonder resultate na my toe terugkeer nie,+
maar dit sal beslis doen wat ek wil hê,*+
en dit sal beslis die doel bereik waarvoor ek dit gestuur het.
Die berge en die heuwels sal vrolik wees voor julle met uitroepe van vreugde,+
en al die bome van die veld sal hande klap.+
13 In die plek van doringbosse sal jenewerbome groei.+
In die plek van brandnetels sal mirtebome groei.