Jesaja
33 Dit sal sleg gaan met die vernietiger wat nie vernietig is nie,+
met die verraaier wat nie verraai is nie!
Wanneer jy klaar vernietig het, sal jy vernietig word.+
Nadat jy verraai het, sal jy verraai word.
2 O Jehovah, betoon goedheid aan ons.+
Ons hoop op u.
Ondersteun ons elke oggend met u krag.*+
Wees ons redding in moeilike tye.+
3 Wanneer die volke u stem hoor, vlug hulle.
Wanneer u opstaan, spat nasies uitmekaar.+
4 Die buit wat julle bymekaargemaak het, sal gestroop word asof sprinkane daarop toegesak het.
Mense sal soos swerms sprinkane daarop afstorm.
5 Jehovah sal verheerlik word,
want hy woon in die hoogtes daar bo.
Hy sal Sion met geregtigheid en regverdigheid vul.
6 Hy gee julle stabiliteit,
’n oorvloed van redding,+ wysheid, kennis en vrees vir Jehovah+
– dit is sy skat.
7 Kyk! Hulle helde roep uit in die straat.
Die boodskappers van vrede huil bitterlik.
8 Die grootpaaie is verlate.
Niemand reis op die paaie nie.
Hy* het die verbond verbreek.
Hy het die stede verwerp.
Hy het geen respek vir enigiemand nie.+
9 Die land treur* en verdroog.
Die Liʹbanon kry skaam.+ Dit het agteruitgegaan.
Saron het soos die woestyn geword,
en Basan en Karmel skud hulle blare af.+
11 Julle planne is soos droë gras en die dade wat dit voortbring, is soos stoppels.
Julle eie gees sal julle soos ’n vuur verteer.+
12 En volke sal soos gebrande kalk word.
Hulle sal soos afgekapte doringbosse met vuur verbrand word.+
13 Julle wat ver weg is, hoor wat ek gaan doen!
En julle wat naby is, erken my mag!
14 Die sondaars in Sion is doodbang.+
Die afvalliges bewe van vrees:
‘Wie van ons kan by ’n verterende vuur lewe?+
Wie van ons kan lewe by vlamme wat nie geblus kan word nie?’
15 Net die een wat altyd die weg van regverdigheid volg,+
wat die waarheid praat,+
wat nie deur oneerlikheid of bedrog geld maak nie,
wat weier om ’n omkoopgeskenk te aanvaar,+
wat nie luister na gesprekke oor moord nie
en wat weier om te kyk na wat sleg is.
16 So iemand sal in die hoogtes woon.
Rotsagtige vestings sal sy veilige skuilplek* wees.
Hy sal van kos voorsien word,
en hy sal altyd genoeg water hê.”+
17 Met jou eie oë sal jy ’n koning in sy heerlikheid sien.
Jy sal ’n land sien wat ver weg is.
18 Jy sal terugdink aan die vrees wat jy ondervind het, en sê:
“Waar is die sekretaris?
Waar is die een wat die skatting* afgeweeg het?+
Waar is die een wat die torings getel het?”
19 Jy sal daardie hoogmoedige volk nie meer sien nie,
’n volk met ’n onverstaanbare taal,
wie se gehakkel jy nie kan verstaan nie.+
20 Kyk na Sion, die stad van ons feeste!+
Jou oë sal Jerusalem sien as ’n rustige woonplek,
’n tent wat nie verskuif sal word nie.+
Sy tentpenne sal nooit uitgetrek word nie,
en nie een van sy toue sal gebreek word nie.
21 Maar daar sal die glorieryke God, Jehovah,
vir ons ’n plek van riviere en breë kanale wees.
Geen vloot skepe* sal daarop vaar nie,
en geen groot skepe sal daar verbygaan nie.
Hy is die Een wat ons sal red.+
23 Jou toue sal slap hang.
Hulle sal nie die mas regop kan hou of die seil kan span nie.
In daardie tyd sal baie buit verdeel word,
en selfs die kreupeles sal baie daarvan vat.+
24 En geen inwoner sal sê: “Ek is siek” nie.+
Die volk wat in die land woon, sal vergifnis van hulle sonde ontvang.+