Jesaja
2 Dít is wat Jehovah sê,
jou Maker en die Een wat jou gevorm het,+
wat jou van geboorte af gehelp het:
5 Die een sal sê: “Ek behoort aan Jehovah.”+
En die ander sal homself by die naam van Jakob noem,
en ’n ander sal op sy hand skryf: “Jehovah se eiendom.”
En hy sal die naam van Israel aanneem.’
‘Ek is die eerste en ek is die laaste.+
Daar is geen ander God as ek nie.+
Laat hy dit bekend maak en dit aan my bewys!+
Laat hy vertel wat nog gaan gebeur
sowel as wat nog sal kom,
soos ek gedoen het van die tyd af dat ek die volk van lank gelede gevorm het.
Het ek nie vir elkeen van julle vooraf gesê en dit bekend gemaak nie?
Julle is my getuies.+
Is daar enige ander God as ek?
Nee, daar is geen ander Rots nie.+ Ek weet nie van een nie.’”
Hulle kan nie getuig nie, want hulle* sien niks nie en weet niks nie.+
Dié wat hulle gemaak het, sal skaam kry.+
11 Almal wat by hom aansluit, sal skaam kry!+
Die ambagsmanne is maar net mense.
Laat hulle almal bymekaarkom en hulle plek inneem.
Hulle sal almal doodbang wees en skaam kry.
12 Die ystersmid bewerk die yster met sy gereedskap oor die kole.
Hy vorm dit met hamers
en bewerk dit met sy sterk arms.+
Dan word hy honger, en sy krag word minder.
Hy drink nie water nie en word moeg.
13 Die houtsnyer meet die hout met sy maatlyn en teken ’n patroon met rooi kryt.
Hy bewerk dit met ’n beitel en merk dit met ’n passer.
14 Daar is iemand wie se werk dit is om sederbome af te kap.
Hy kies ’n sekere soort boom, ’n eikeboom,
en laat dit groot word tussen die bome van die woud.+
Hy plant ’n lourierboom, en die reën laat dit groei.
15 Dan gebruik ’n man die hout om vuur te maak.
Hy neem ’n deel daarvan om hom warm te maak.
Hy maak ’n vuur en bak brood.
Maar hy maak ook ’n god en aanbid dit.
Hy maak ’n beeld en buig daarvoor neer.+
16 Die een helfte verbrand hy in ’n vuur.
Hy braai vleis daarmee en eet totdat hy genoeg gehad het.
Hy maak hom warm en sê:
“Hoe lekker warm kry ek nou terwyl ek na die vuur kyk.”
17 Maar van die res maak hy vir homself ’n god, ’n beeld.
Hy buig daarvoor neer en aanbid dit.
Hy bid tot die beeld en sê:
“Red my, want u is my god.”+
18 Hulle weet niks, hulle verstaan niks,+
want hulle oë is heeltemal toe en hulle kan nie sien nie,
en hulle* het geen insig nie.
19 Hulle dink nie eers daaroor na nie
en het nie die kennis of verstand om te sê nie:
“Die een helfte het ek in ’n vuur verbrand,
en ek het op die kole brood gebak en vleis gebraai en geëet.
Moet ek dan iets afskuweliks van die res maak?+
Moet ek ’n droë stuk hout van ’n boom aanbid?”
20 Hy is soos iemand wat as eet.
Sy hart is mislei en het hom op ’n dwaalspoor gebring.
Hy kan homself* nie red nie, en hy vra nie:
“Is dit nie ’n waardelose ding wat ek in my hand het nie?”
21 “Dink aan hierdie dinge, o Jakob, en jy, o Israel,
want jy is my kneg.
Ek het jou gevorm, en jy is my kneg.+
O Israel, ek sal jou nie vergeet nie.+
Keer tog terug na my, want ek sal jou terugkoop.+
23 Roep met vreugde uit, o hemele,
want Jehovah het opgetree!
Juig, o diepste dele van die aarde!
Roep vreugdevol uit, o berge,+
o woud en al die bome daarin!
Want Jehovah het Jakob teruggekoop,
en hy vertoon sy heerlikheid in Israel.”+
“Ek is Jehovah, wat alles gemaak het.
Wie was by my?
25 Ek laat die tekens van valse profete misluk,
en ek is die Een wat waarsêers soos dwase laat optree,+
die Een wat wyse manne verwar
en wat hulle kennis in dwaasheid verander.+