Jesaja
52 Word wakker, word wakker! Beklee jou met krag,+ o Sion!+
Trek jou pragtige klere aan,+ o Jerusalem, die heilige stad!
Want mense wat nie besny is nie en wat onrein is, sal nie meer by jou ingaan nie.+
2 Staan op, skud die stof van jou af en gaan sit, o Jerusalem.
Maak die toue om jou nek los, o gevange dogter van Sion.+
3 Want dít is wat Jehovah sê:
4 Want dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
“Eers het my volk na Egipte gegaan om daar as uitlanders te woon.+
Toe het Assiʹrië hulle sonder rede onderdruk.”
5 “Wat moet ek nou doen?” sê Jehovah.
“Want my volk is weggeneem, sonder dat iets vir hulle betaal is.
Dié wat oor hulle heers, hou aan spog oor hulle oorwinning,”+ sê Jehovah.
“En daar word heeltyd, die hele dag lank, op ’n disrespekvolle manier van my naam gepraat.+
6 Daarom sal my volk my naam ken.+
Daarom sal hulle in daardie dag weet dat dit ek is wat praat.
Kyk, dit is ek!”
7 Hoe lieflik op die berge is die voete van die een wat goeie nuus bring,+
wat vrede verkondig,+
wat goeie nuus van iets beters bring,
wat redding verkondig,
wat vir Sion sê: “Jou God het Koning geword!”+
8 Luister! Jou wagte roep uit.
Hulle roep saam van vreugde uit,
want hulle sal duidelik sien wanneer Jehovah Sion laat terugkeer.
9 Wees vrolik, roep saam van vreugde uit, o verwoeste plekke van Jerusalem,+
want Jehovah het sy volk vertroos.+ Hy het Jerusalem teruggekoop.+
10 Jehovah het sy heilige mag* aan al die nasies geopenbaar.+
Almal op die aarde sal die reddingsdade* van ons God sien.+
11 Vertrek, vertrek, gaan daar uit,+ moet aan niks raak wat onrein is nie!+
12 Want julle sal nie in paniek uitgaan nie,
en julle sal ook nie hoef te vlug nie,
want Jehovah sal voor julle uit gaan,+
en die God van Israel sal julle van agter af beskerm.+
13 Kyk! My kneg+ sal met insig optree.
Hy sal hoog verhef word,
hy sal verhoog en grootliks geëer word.+
14 Net soos daar baie was wat verbaas na hom gestaar het
– omdat sy voorkoms meer vermink was as dié van enige ander mens,
en sy indrukwekkende vorm meer as dié van mense –