Spreuke
2 My seun, as jy my woorde aanneem
en my gebooie as ’n skat bewaar+
2 deur aandagtig na wysheid te luister+
en jou hart oop te maak om insig te verkry;+
en vir insig vra;+
4 as jy daarna bly soek soos na silwer+
en hard daarna bly soek soos na versteekte skatte;+
5 dan sal jy verstaan wat dit beteken om Jehovah te vrees,+
en jy sal God leer ken.+
7 Hy bewaar praktiese wysheid as ’n skat vir dié wat reg lewe.
Hy is ’n skild vir dié wat ’n weg van integriteit* volg.+
10 Wanneer wysheid in jou hart ingaan+
en jou siel* lief word vir kennis,+
11 sal denkvermoë oor jou wag hou+
en sal insig jou beskerm.
12 Dit sal jou beskerm teen die slegte weg,
teen mense wat verkeerde dinge sê,+
13 teen dié wat die regte pad verlaat
om die weë van duisternis te volg,+
14 teen dié wat dit geniet om verkeerde dinge te doen,
wat vreugde vind in uiters goddelose dinge,
15 dié wie se paaie krom is
en wat altyd bedrieglik is.
16 Dit sal jou beskerm teen die slegte* vrou,
teen die verleidelike woorde van die onsedelike* vrou,+
en wat die verbond tussen haar en God vergeet.