Sefanja
2 Voordat die bevel in werking tree,
voordat die dag soos kaf verbygaan,
voordat die brandende woede van Jehovah oor julle kom,+
voordat die dag van Jehovah se woede oor julle kom,
3 soek Jehovah,+ alle nederiges* van die aarde,
wat sy regverdige bevele* gehoorsaam.
Soek regverdigheid, soek nederigheid.*
Moontlik sal julle beskerming vind* op die dag van Jehovah se woede.+
5 “Dit sal sleg gaan met dié wat by die seekus woon, die nasie van die Keretiete!+
Die woord van Jehovah is teen julle.
O Kanaän, land van die Filistyne, ek sal jou vernietig,
sodat daar geen inwoner sal oorbly nie.
6 En die seekus sal weivelde word,
met putte vir herders en klipkrale vir skape.
7 Dit sal ’n streek vir die oorblywendes van die huis van Juda word.+
Daar sal hulle wei.
Hulle sal saans in die huise van Asʹkelon lê.
8 “Ek het die gespot van Moab+ en die beledigings van die Ammoniete gehoor,+
wat my volk uitgetart het en trots gedreig het om hulle gebied in besit te neem.+
9 Daarom, so waar as wat ek lewe,” sê Jehovah van die leërmagte, die God van Israel,
“Moab sal net soos Sodom word,+
en die Ammoniete soos Gomorʹra,+
’n plek vol brandnetels, ’n soutput en ’n plek wat permanent verwoes is.+
Die oorblywendes van my volk sal hulle beroof,
en die oorblyfsel van my nasie sal hulle verdryf.
10 Dit is wat hulle sal hê in die plek van hulle trots,+
omdat hulle die volk van Jehovah van die leërmagte uitgetart en verkleineer het.
11 Jehovah sal ontsagwekkend* teen hulle wees,
want hy sal al die gode van die aarde tot niet maak,*
en al die eilande van die nasies sal voor hom neerbuig,*+
elkeen vanuit sy plek.
12 Julle, die Etiopiërs, sal ook deur my swaard doodgemaak word.+
13 Hy sal sy hand na die noorde uitsteek en Assiʹrië vernietig,
en hy sal Niʹneve ’n verlate plek maak,+ so droog soos ’n woestyn.
14 Troppe sal daarin lê, alle soorte wilde diere.*
Die pelikaan sowel as die ystervark sal oornag tussen die pilare wat afgebreek is.
’n Stem sal in die venster sing.
Daar sal verwoesting op die drumpel wees,
want hy sal die panele van sederhout ontbloot.
15 Dit is die trotse stad wat in veiligheid gesit het,
wat in haar hart gesê het: ‘Ek is die een, en daar is niemand anders nie.’
Hoe het dit tog iets skokkends geword,
’n plek waar die wilde diere lê!
Elkeen wat daar verbygaan, sal fluit en sy vuis skud.”+