Die tweede boek van Samuel
12 Jehovah het Natan+ na Dawid toe gestuur. Natan het na hom toe gegaan+ en vir hom gesê: “Daar was twee mans in een stad, die een was ryk en die ander arm. 2 Die ryk man het baie skape en beeste gehad,+ 3 maar die arm man het niks gehad nie behalwe een ooilammetjie wat hy gekoop het.+ Hy het haar versorg, en sy het by hom en sy seuns grootgeword. Sy het van die bietjie kos wat hy gehad het, geëet en uit sy beker gedrink en in sy arms geslaap. Sy het soos ’n dogter vir hom geword. 4 Later het daar ’n besoeker na die ryk man toe gekom, maar hy wou nie van sy eie skape en beeste neem om ’n ete voor te berei vir die reisiger wat na hom toe gekom het nie. Hy het eerder die arm man se lammetjie geneem en dit vir die besoeker voorberei.”+
5 Dawid het toe baie kwaad geword vir hierdie man en hy het vir Natan gesê: “So waar as wat Jehovah lewe,+ die man wat dit gedoen het, verdien om te sterf! 6 En hy moet vier keer die waarde van die lammetjie gee+ omdat hy dit gedoen het en omdat hy geen medelye* gehad het nie.”
7 Toe het Natan vir Dawid gesê: “U is die man! Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Ek het jou as koning oor Israel gesalf,+ en ek het jou uit Saul se hand gered.+ 8 Ek het die huis van jou meester+ en die vrouens van jou meester vir jou gegee,+ en ek het die huis van Israel en van Juda vir jou gegee.+ En asof dit nie genoeg was nie, was ek bereid om nog baie meer vir jou te doen.+ 9 Hoekom het jy geen respek vir die woord van Jehovah getoon nie deur te doen wat sleg is in sy oë? Jy het Uriʹa, die Hetiet, met die swaard doodgemaak!+ Toe het jy sy vrou as jou vrou geneem+ nadat jy hom deur die swaard van die Ammoniete doodgemaak het.+ 10 Nou sal die swaard nooit uit jou huis weggaan nie+ omdat jy geen respek aan my betoon het toe jy die vrou van Uriʹa, die Hetiet, as jou vrou geneem het nie.’ 11 Dít is wat Jehovah sê: ‘Ek sal uit jou eie huis rampspoed oor jou bring.+ En ek sal jou vrouens voor jou oë neem en hulle vir ’n ander man gee,+ en hy sal oop en bloot* by jou vrouens slaap.+ 12 Hoewel jy dit in die geheim gedoen het,+ sal ek dit oop en bloot* voor die hele Israel doen.’”
13 Dawid het toe vir Natan gesê: “Ek het teen Jehovah gesondig.”+ Natan het geantwoord: “Jehovah vergewe u sonde.+ U sal nie sterf nie.+ 14 Maar omdat u in hierdie saak geen respek vir Jehovah getoon het nie, sal die seun wat nou vir u gebore is, sekerlik sterf.”
15 Toe het Natan na sy eie huis gegaan.
En Jehovah het die kind van Dawid en Uriʹa se vrou siek laat word. 16 Dawid het die ware God gesmeek om die seun se lewe te spaar. Dawid het streng begin vas en hy het elke aand in sy kamer ingegaan en die hele nag op die grond gelê.+ 17 Toe het die ouermanne van sy huis by hom gaan staan en hom probeer oorreed om van die grond af op te staan, maar hy het geweier en wou nie saam met hulle eet nie. 18 Op die sewende dag het die kind gesterf, maar Dawid se knegte was bang om hom te vertel dat die kind dood is. Hulle het gesê: “Toe die kind nog gelewe het, het hy nie na ons geluister toe ons met hom gepraat het nie. Hoe kan ons dan vir hom sê dat die kind gesterf het? Hy sal miskien iets verskrikliks doen.”
19 Toe Dawid sien dat sy knegte onder mekaar fluister, het Dawid besef dat die kind gesterf het. Dawid het vir sy knegte gevra: “Het die kind gesterf?” Hulle het geantwoord: “Ja, hy het gesterf.” 20 Dawid het toe van die grond af opgestaan. Hy het gewas, olie aan hom gesmeer,+ ander klere aangetrek en na die huis van Jehovah gegaan om te aanbid.+ Daarna het hy na sy paleis* toe gegaan en gevra dat kos na hom toe gebring moet word, en hy het geëet. 21 Sy knegte het vir hom gesê: “Hoekom het u so opgetree? Toe die kind gelewe het, het u gevas en die hele tyd gehuil, maar toe die kind sterf, het u opgestaan en geëet.” 22 Hy het geantwoord: “Toe die kind gelewe het, het ek gevas+ en die hele tyd gehuil omdat ek vir myself gesê het: ‘Wie weet of Jehovah genadig teenoor my sal wees en die kind sal laat lewe?’+ 23 Hoekom moet ek vas noudat hy gesterf het? Kan ek hom terugbring?+ Ek sal na hom toe gaan,+ maar hy sal nie na my toe terugkom nie.”+
24 Dawid het sy vrou Batseʹba toe vertroos.+ Hy het na haar toe gegaan en by haar geslaap. Ná verloop van tyd het sy aan ’n seun geboorte gegee, en hy is Salomo*+ genoem. En Jehovah was lief vir hom,+ 25 en hy het deur middel van die profeet Natan+ laat weet dat hy Jedidʹja* genoem moet word omdat Jehovah lief was vir hom.
26 Joab het teen Rabba+ van die Ammoniete+ bly veg, en hy het die koninklike stad* ingeneem.+ 27 Toe het Joab boodskappers na Dawid toe gestuur en gesê: “Ek het teen Rabba geveg,+ en ek het die stad van waters* ingeneem. 28 Kry dan nou die res van die soldate bymekaar en slaan kamp op naby die stad en neem dit in. Anders sal ek die stad inneem en die eer daarvoor kry.”*
29 Dawid het toe al die soldate bymekaargekry en na Rabba gegaan en daarteen geveg en dit ingeneem. 30 Toe het hy die kroon van Malkam* se kop afgehaal. Dit was van een talent* goud gemaak en met edelstene versier. Die kroon is toe op Dawid se kop gesit. Hy het ook baie buit uit die stad+ geneem.+ 31 Hy het die mense van die stad gevange geneem, en hy het hulle klippe laat saag en hulle met skerp ystergereedskap en ysterbyle laat werk en hulle stene laat maak. Dit is wat hy met al die stede van die Ammoniete gedoen het. Uiteindelik het Dawid en al die soldate na Jerusalem teruggekeer.