Psalms
BOEK DRIE
(Psalm 73-89)
’n Melodie van Asaf.+
73 God is werklik goed vir Israel, vir dié wat suiwer van hart is.+
2 Maar my voete het amper afgedwaal.
My voete het amper gegly.+
4 Want hulle het geen pyn wanneer hulle sterf nie.
6 Daarom is hoogmoed vir hulle ’n versiering om hulle nek.+
Geweld bedek hulle soos ’n kleed.
7 Hulle voorspoed* laat hulle oë uitpeul.
Hulle het meer as wat hulle hulle ooit kon voorstel.
8 Hulle spot en sê goddelose dinge.+
Hoogmoedig dreig hulle om ander te onderdruk.+
9 Hulle praat asof hulle so hoog soos die hemel is,
en hulle tong spog op die aarde.
Het die Allerhoogste regtig kennis?”
12 Ja, so is die goddeloses, wie se lewe altyd maklik is.+
Hulle hou aan om hulle rykdom te vermeerder.+
14 Die hele dag lank was ek ongelukkig.+
Ek is elke oggend gestraf.+
16 Toe ek dit probeer verstaan het,
was dit vir my moeilik,
17 totdat ek in die groot heiligdom van God ingegaan het
en ek besef het wat hulle toekoms sal wees.
19 Hoe skielik word hulle vernietig!+
Hoe skielik kom hulle tot ’n verskriklike einde!
20 Soos ’n droom wat iemand vergeet wanneer hy wakker word, o Jehovah,
so sal u hulle beeld laat verdwyn* wanneer u wakker word.
22 Ek was onverstandig en sonder begrip.
Ek was soos ’n verstandelose dier voor u.
23 Maar nou is ek heeltyd by u.
U het my regterhand gevat.+
25 Wie het ek in die hemel?
En behalwe u begeer ek niks op die aarde nie.+
27 Dié wat ver van u af wegbly, sal vernietig word.
U sal ’n einde maak aan enigiemand* wat ontrou is en u verlaat.*+
28 Maar wat my betref, dit is vir my goed om nader aan God te kom.+
Ek soek beskerming by die Soewereine Heer Jehovah.
Al u werke maak ek bekend.+