Die eerste brief aan Timoteus
2 In die eerste plek wil ek almal dan aanspoor om tot God te bid vir alle soorte mense. Smeek God vir sy hulp en dank hom. 2 Bid vir konings en almal wat ’n hoë posisie* het,+ sodat ons kan voortgaan om ’n kalm en stil lewe te lei met erns en uitsluitlike toegewydheid aan God.+ 3 Dit is goed en aangenaam in die oë van God, ons Redder,+ 4 wie se wil dit is dat alle soorte mense gered moet word+ en akkurate kennis van die waarheid moet kry. 5 Want daar is een God,+ en een middelaar+ tussen God en die mense:+ ’n mens, Christus Jesus,+ 6 wat homself as ’n ooreenstemmende losprys vir almal* gegee het.+ Daar moet op die regte tyd hiervan getuig word. 7 Om hierdie getuienis te kan gee,+ is ek as ’n prediker en ’n apostel aangestel,+ ’n onderrigter van nasies+ om hulle te leer van geloof en waarheid. Ek praat die waarheid, ek lieg nie.
8 Daarom wil ek hê dat die mans op elke plek moet aanhou bid en lojaal hulle hande moet oplig,+ sonder om kwaad te word+ en te stry.+ 9 Net so moet die vrouens gepaste* klere dra en hulle versier met beskeidenheid en gesonde verstand,* nie met hare wat kunstig gevleg is en goud of pêrels of baie duur klere nie,+ 10 maar op ’n manier wat gepas is vir vrouens wat sê dat hulle aan God toegewyd is,+ naamlik deur goeie werke.
11 Laat ’n vrou in stilte* leer met volle onderdanigheid.+ 12 Ek laat ’n vrou nie toe om te onderrig of om gesag oor ’n man te hê nie, maar sy moet stil wees.*+ 13 Want Adam is eerste gevorm, en toe Eva.+ 14 Ook is Adam nie bedrieg nie, maar die vrou is geheel en al bedrieg+ en het ’n oortreder geword. 15 Maar ’n vrou sal beskerm word deur kinders te kry,+ solank sy* in geloof en liefde en heiligheid en met gesonde verstand*+ volhard.