Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Timoteus 3
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

Oorsig van 1 Timoteus

      • Kwalifikasies vir opsieners (1-7)

      • Kwalifikasies vir bedieningsknegte (8-13)

      • Heilige geheim van toegewydheid aan God (14-16)

1 Timoteus 3:1

Kruisverwysings

  • +Han 20:28; Tit 1:5-9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring (Studie-uitgawe),

    2016/8, bl. 21

    Georganiseer, bl. 30-32, 38

    Die Wagtoring,

    2014/9/15, bl. 3-4

    2010/5/15, bl. 24

    2001/1/1, bl. 9

    2000/7/1, bl. 29

    “Hele Skrif”, bl. 236-237

1 Timoteus 3:2

Voetnote

  • *

    Of “oordeelkundig; gesond van verstand”.

Kruisverwysings

  • +Ro 12:3; 1Pe 4:7
  • +Han 28:7; 1Pe 4:9
  • +1Ti 5:17; 2Ti 2:24; Tit 1:7, 9

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 30-31, 32-35

    Die Wagtoring,

    2013/11/15, bl. 29

1 Timoteus 3:3

Voetnote

  • *

    Of “’n slaner”.

Kruisverwysings

  • +Ro 13:13
  • +Flp 4:5; Jak 3:17
  • +Ro 12:18; Jak 3:18
  • +Heb 13:5; 1Pe 5:2

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 30-31, 33-34

1 Timoteus 3:4

Voetnote

  • *

    Of “wat . . . goed bestuur”.

  • *

    Of “met alle erns onderdanig is”.

Kruisverwysings

  • +Ef 6:4

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 30-31, 32-33, 125

    Die Wagtoring,

    2011/6/15, bl. 26

1 Timoteus 3:5

Voetnote

  • *

    Of “om . . . te bestuur”.

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 30-31, 32-33

    Die Wagtoring,

    2012/5/15, bl. 9

1 Timoteus 3:6

Kruisverwysings

  • +1Ti 5:22

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 30-32

1 Timoteus 3:7

Voetnote

  • *

    Of “getuienis”.

Kruisverwysings

  • +Han 22:12; 1Te 4:11, 12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 30-31, 32-33

    Die Wagtoring,

    2005/9/15, bl. 30

1 Timoteus 3:8

Voetnote

  • *

    Of “uit twee monde praat nie”.

Kruisverwysings

  • +Han 6:3; Tit 1:7; 1Pe 5:2

1 Timoteus 3:9

Kruisverwysings

  • +1Ti 1:5, 18, 19; 2Ti 1:3; 1Pe 3:16

1 Timoteus 3:10

Voetnote

  • *

    Of “kwalifiseer”.

Kruisverwysings

  • +1Pe 2:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 51

    Die Wagtoring,

    2011/4/15, bl. 11

    2006/5/1, bl. 23-24

    Koninkryksbediening,

    2000/5, bl. 8

1 Timoteus 3:11

Kruisverwysings

  • +1Ti 5:13
  • +Tit 2:3-5

1 Timoteus 3:12

Indekse

  • Navorsingsgids

    Georganiseer, bl. 125

1 Timoteus 3:15

Kruisverwysings

  • +Heb 3:6

Indekse

  • Navorsingsgids

    Die Wagtoring,

    2007/4/15, bl. 29

1 Timoteus 3:16

Kruisverwysings

  • +Joh 1:14; Flp 2:7
  • +1Pe 3:18
  • +1Pe 3:19, 20
  • +Kol 1:23
  • +Kol 1:6

Indekse

  • Navorsingsgids

    Nader aan Jehovah, bl. 196

    Die Wagtoring,

    2008/9/15, bl. 30-31

    2008/6/15, bl. 13

    2006/2/15, bl. 19

Parallelle vertalings

Kliek op ’n vers om parallelle Bybelverse te vertoon.

Algemeen

1 Tim. 3:1Han 20:28; Tit 1:5-9
1 Tim. 3:2Ro 12:3; 1Pe 4:7
1 Tim. 3:2Han 28:7; 1Pe 4:9
1 Tim. 3:21Ti 5:17; 2Ti 2:24; Tit 1:7, 9
1 Tim. 3:3Ro 13:13
1 Tim. 3:3Flp 4:5; Jak 3:17
1 Tim. 3:3Ro 12:18; Jak 3:18
1 Tim. 3:3Heb 13:5; 1Pe 5:2
1 Tim. 3:4Ef 6:4
1 Tim. 3:61Ti 5:22
1 Tim. 3:7Han 22:12; 1Te 4:11, 12
1 Tim. 3:8Han 6:3; Tit 1:7; 1Pe 5:2
1 Tim. 3:91Ti 1:5, 18, 19; 2Ti 1:3; 1Pe 3:16
1 Tim. 3:101Pe 2:12
1 Tim. 3:111Ti 5:13
1 Tim. 3:11Tit 2:3-5
1 Tim. 3:15Heb 3:6
1 Tim. 3:16Joh 1:14; Flp 2:7
1 Tim. 3:161Pe 3:18
1 Tim. 3:161Pe 3:19, 20
1 Tim. 3:16Kol 1:23
1 Tim. 3:16Kol 1:6
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Lees in Nuwe Wêreld-vertaling (bi12-AF)
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • 13
  • 14
  • 15
  • 16
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
1 Timoteus 3:1-16

Die eerste brief aan Timoteus

3 Hierdie woorde is betroubaar: As ’n man ’n opsiener+ wil wees, begeer hy ’n goeie werk. 2 Daarom moet ’n opsiener hom so gedra dat mense geen rede het om hom te kritiseer nie. Hy moet die man van een vrou wees, matig in gewoontes, verstandig,*+ ordelik, gasvry,+ iemand wat kan onderrig,+ 3 nie ’n dronkaard nie,+ nie gewelddadig* nie, maar redelik,+ nie iemand wat daarvan hou om te stry nie,+ nie iemand wat lief is vir geld nie,+ 4 ’n man wat goeie leiding aan sy eie huisgesin gee,* wie se kinders onderdanig is en hulle goed gedra.*+ 5 (Want as ’n man nie weet hoe om aan sy eie huisgesin leiding te gee* nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg?) 6 Hy moenie ’n pasbekeerde wees nie,+ sodat hy nie dalk opgeblase van trots word en dieselfde oordeel ontvang wat oor die Duiwel uitgespreek is nie. 7 Hy moet ook ’n goeie reputasie* hê onder mense buite die gemeente,+ sodat hy nie in die skande kom en in ’n strik van die Duiwel beland nie.

8 Net so moet bedieningsknegte ernstig wees, nie bedrieglike dinge sê nie,* hulle nie aan baie wyn oorgee nie, nie gierig op soek wees na oneerlike wins nie+ 9 en met ’n skoon gewete+ vashou aan die heilige geheim van die geloof.

10 Hulle moet ook eers getoets word om te sien of hulle geskik is.* Dan kan hulle as bedienaars dien, aangesien hulle vry van beskuldiging is.+

11 Vrouens moet ook ernstig wees, nie lasteraars nie,+ matig in gewoontes, getrou in alles.+

12 Bedieningsknegte moet mans van een vrou wees, wat goeie leiding aan hulle kinders en aan hulle eie huisgesinne gee. 13 Want die manne wat op ’n goeie manier dien, verkry ’n goeie reputasie vir hulleself met groot vrymoedigheid van spraak in die geloof in Christus Jesus.

14 Ek skryf hierdie dinge aan jou, al hoop ek om binnekort na jou toe te kom. 15 Maar as ek om die een of ander rede nie dadelik kan kom nie, sal jy weet hoe jy jou in God se huisgesin behoort te gedra,+ wat die gemeente van die lewende God is, ’n pilaar en fondament van die waarheid. 16 Ja, die heilige geheim van hierdie toegewydheid aan God is beslis groot: ‘Hy is geopenbaar in die vlees,+ is regverdig verklaar in die gees,+ het aan engele verskyn,+ is onder nasies verkondig,+ is in die wêreld geglo,+ is in heerlikheid na die hemel opgeneem.’

Afrikaanse publikasies (1975-2023)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privacy Settings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel